Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 March 202328 February 2023

Digtersprofiel. Daniel Hugo

Daniel Hugo is ’n digter, vertaler, samesteller en redakteur met talle publikasies op sy kerfstok.

Hy is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton (Weskaap) en in Windhoek (Namibië), en studeer aan die Universiteite van Stellenbosch (B.A. Hons.), Pretoria (M.A.) en die Vrystaat (D.Litt.). Op Stellenbosch was hy ’n lid van die digter D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium. In 1983 studeer hy aan die Katolieke Universiteit van Leuven in België.

Hugo begin reeds op skool dig, geïnspireer deur die ongerepte Namibiese landskap en die liefde. Hy publiseer gedigte in letterkundige tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Ensovoort en debuteer saam met Etienne van Heerden, Koos Kombuis (destyds nog onder die naam André le Roux du Toit) en Peter Snyders in die bundel “Brekfis met vier”. Hy is die digter van 16 bundels waarvan die jongste openbare domein is wat in 2018 by Naledi verskyn het. Hy het ook etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy is verder bekend as vertaler uit Nederlands en Engels.

Sy gedigte word opgeneem in verskeie versamelbundels oor die Afrikaanse poësie, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Digters en digkuns”, “Nuwe verset”, “Die dye trek die dye aan”, “Miskien sal ek die wingerd prys”, “Goudaar”, “Kraaines” en “Groen”. Hy is in 2002 die eerste digter wat al sy werke op CD-ROM (“Versalbum”) beskikbaar stel. Hierdie CD bevat benewens sy gedigte en biografiese inligting ook lesings wat hy deur die jare gelewer het en opnames waar hy self heelwat van sy gedigte voorlees. ’n Keuse uit sy gedigte vanaf 1982 tot 1998 word in Nederlands vertaal deur Jacqueline Caenberghs en saamgebundel in “Planetarium”, wat beide die Afrikaanse en Nederlandse weergawes van die gedigte bevat.

Daniel Hugo was aanvanklik ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna was hy byna 20 jaar lank in Kaapstad ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Vanaf April 2010 tot Mei 2014 is hy ’n vertaler en uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. In 2014 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie se vertaalprys vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos. Deesdae is hy ’n vryskut-taalpraktisyn.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor die digter op LitNet:

https://www.litnet.co.za/daniel-hugo-1955/

 

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? XXII
Daniel Hugo. Gerrit Komrij en die slak →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d