I
So begin Desember verlede jaar lees ons in Vrye Weekblad:
Gee terug die p-woord se taboestatus
Die digter Daniel Hugo sê daardie ‘vry fokken vrou’, Antjie Krog, het die woord ‘poes’ ontkrag. Hy meen dit kan maklik opgelos word deur eenvoudig nie sulke digters se werk te lees nie.
Twee digters opgestel teen mekaar.
‘n Genderkwessie: ‘n man teenoor ‘n vrou.
Daniel Hugo versus ons digter, binnelands en buitelands, vereer.
Offisier van die Belgiese Kroon.
Oor of ‘n vrouedigter of digter van die tweede seks mag vloek of nie, het wye reaksie ontlok. Professor Amanda Gouws, die politieke wetenskaplike aan die US, het die debat ‘n ent verder geneem en gewys op die geskiedenis van subversie. Deur vroue.
Vry vroue sal aanhou vloek.
Sy neem ons na Mary Hames se Reclaiming the P-word (2016) en die Vagina Monologues.
En dat vloek ‘n opstand is teen die patriargie. #FuckthePatriarchy bestaan inderdaad …
Veral in Die Burger het die reaksies op Gouws gegons. Lees briewe in ‘n koerant en jy weet hoe die onbewuste van ‘n gemeenskap lyk. Gouws is selfs versoek om haar mond uit te was.
In heerlike lagwekkende briewe. En hoeveel van hierdie lesers het Plunder gelees?
https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/amanda-gouws-vry-vroue-sal-aanhou-vloek-20221213
Hierdie skrywer onthou hoe my moeder my mond met Sunlight seep uitgewas het as straf, omdat skunnige woorde uit my mond gespring het.
II
Alles oor hierdie kwessie van vloek is vanuit verskillende perspektiewe geanaliseer met Louise Viljoen, die Stellenbosse literator, wat ‘n uiters belangrike punt maak, naamlik dat die konteks waarbinne iets geplaas word, in ag geneem moet word.
Sy argumenteer tereg:
Die gewraakte woorde kan gelees word as ’n kreet van frustrasie teen diegene wat belangrike geskrifte soos die Bybel misbruik om die mag van mans oor vroue te regverdig. Die implikasie is dat die geweld, wat in die daaropvolgende gedigte beskryf word, deels hieruit spruit. Dit is byna asof die kru uitspraak oor God se vroulikheid gemunt is om deur te dring tot geweldenaars wat in hierdie terme oor vroue praat.
Dikwels is woede teen die patriargie juis dit wat Krog se poësie voortdryf en die mitologiese figuur Baubo is ‘n masker. Dis sy wat praat in Plunder; nie Krog nie.
Hugo beweer onder meer:
Hiermee oortree sy (Krog) dus die uiterste taboe, naamlik om die p-woord met God te verbind. Só beledig sy vroue en gelowiges in een klap. Nou is die laaste bietjie sensasie uit die woord gewring. En die woord se taboestatus kry daarmee ’n ernstige knou.
’n Taal sonder taboewoorde is ’n arm taal. Daarom pleit ek vir die herstel van die oorspronklike status van die p-woord. Maar hoe sal ons dit regkry? Maklik. Hou op om moderne, bevryde digters te lees.
Hoekom voel hy dat sy namens alle vroue praat?
‘n Mens lees immers gedigte waarmee jy ook nie ideologies saamstem nie. En om te vra dat ons moet ophou om moderne, bevryde digters te lees, is problematies.
Hugo is self modern? Moet ons hom ook nie meer lees nie?
Wat van sy vers:
Verdubbeling
snags terwyl die naakslakke
op die sitkamer se mat
blink spore maak
doen ons op die dubbelbed
(ná ‘n paar doppe)
ons eie slakding: naak
http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=daniel+hugo Besoek 3 Februarie 2023
Is die slakke se toestemming gevra om in ‘n bronstige vers te land? Ek spot nou om te wys hoe absurd dit raak wanneer morele eise buite konteks aan ‘n gedig opgedring word.
‘n Gedig kry ‘n eie lewe na publikasie. Die problematiese woke en kanselleer-kultuur is vir enige skrywer (en literator) ‘n nuwe vorm van sensuur.
En as ‘n digter gelyk gestel word aan elke gedig wat hy of sy skryf, raak dit problematies. ‘n Gedig is nie ‘n getuigskrif nie.
En diegene wat gedigte só benader, vereng die lewe van die vers wat lank ná die ervaring bly voortleef.
Vlugvertraging
Daar was ‘n keer in Santiago
in die stad van Neruda
toe die vliegtuig nie die stad
kon verlaat.
Nog ‘n keer in Londen
in die stad van Stammers
bly ‘n vlug uitgestel,
gekanselleer.
Oor die liefde het Neruda
en Stammers veelduidig
gedig:”Vanaand dig
ek die seerste reëls”.
Hulle het dit reeds geskryf,
beide Neruda en Stammers.
Laasgenoemde met die geliefde
in ‘n hotel – met ‘n panoramiese uitsig.
Net ek, ek sien die vliegtuie
wat sirkel, draai:
die elektroniese glimming
van ‘n slaaplose horlosie.
Drome kartets
soos ligte op die landingstrook:
‘n laaste vlug in ‘n eensame
hotelbed.
Nie ver van hier
slaap jy onrustig,
onbewus-bewus-onbewus
van hierdie klein gedig.
Joan Hambidge: Vuurwiel (Human & Rousseau, 2009).
Kom ons speel duiwelsadvokaat:
Wie was die aangesprokene?
Moontlik meer as een “jy”, agtergeblewene, versaakte, ‘n soort Identikit van die lover …
Dalk is die jy ook die leser?
‘n Letterlike vlugvertraging word ‘n emosionele vertraging in die psige.
Die verwysings na Pablo Neruda is bekend; die ander verwysing is na John Stammers se Panoramic Lounge Bar (2001). Stammers is ‘n bekroonde Britse digter, woonagtig in Londen. So klink hy in Stolen Love Behaviour (2005).
Testimony
You guided me through Dublin and Derrida
and I went along with you though you told me
that one could not be “wrong” or “right”,
that these were “words”. You stressed
there was no such thing as the canonical text,
nor even the next best thing. You drew me
into Bewley’s Oriental Café standing cloned
in its own postmodern pastiche
and Grafton Street. There, over sticky buns
interpolated with glacé cherries that pressed red imprints
into the buns’ white substance, you somehow de-conjured up
the self-styled “writer”
of the Codex Ulysseus
so that when he put in a radical failure of appearance
you were able to sever any connection
between author and oeuvre,
“What is it, after all, that is authorized?”,
you said, and gave an allusive nod,
with your feathered black fringe and Irish-blue eyes,
to Althusser whilst continuing to assert
recondite doctrines through unpursed lips
pinkened with cerise so that I tumbled
head-long into ideological concurrence with you:
I knew what you were talking about and I didn’t care.
From there we pursued a line of argument
along the General Post Office where I read the proclamation
In the Name of God and the Dead Generations
leaded into the brass plaque beneath Cuchulainn
and I inserted an interpretative finger into bullet holes
typed there on the wall in belt-fed lines;
the beautiful stone, the terrible queerness
of just standing there with the paths the bullets had taken
passing right through me. So we were pleased
to walk the free streets and follow
our merely quodlibetical ratiocinations
in the sight of dead heroes and live tin-whistlers.
But, when we crossed the singular Trinity quad
and perused the Book of Kells
etched forever on the stretched skin of unknown dead sheep,
I felt a revision begin.
There were its principal letters lit up
like O’Connell Street on Paddy’s Day night,
knocking seven bells out of itself,
fiddling and chanting and beating the bodhran
to the infinite glory of God
and the resurrection, with its parchment
grey from multifarious eyes draining the light from it
in rays, surveying its apostolic dogmas inscribed there
by quills snug against ink-stained finger calluses,
the nibs screeching like peewits
against the manuscript’s interface, relentless,
taking pains and decades
to give the work the full weight of God’s law.
So it was that I saw two sides of an antinomy take hold
and go to undo me like a zip
and I saw that it was writ
that we should be the critics of our own juxtaposition,
to deconstruct what there was between us
and discover if it was all just so much periphrasis
or something more.
Therefore when we found ourselves
beneath the spiral staircase
at the hub of the circular bookshop, in Tomes St
I think it might have been,
with the steeped banks of shelves in aisles that receded
on all points of the compass like the world itself, I delved
into the shelf labelled Poetry / Irish / in English,
came up with The Collected of yer man,
unread and silent straight from his tongue,
which I held out to you and you took hold of
so it spanned our two hands like an arc of electric
that cracked and spat between us,
both wanting to let go, each unable to.
https://www.poetryinternational.com/en/poets-poems/poems/poem/103-6986_TESTIMONY Besoek 6 Februarie 2023
Polemieke is broodnodig vir enige letterkunde.
Oppas vir sensasie in ‘n reaksie waar lesers nie die konteks of agtergrond het nie.
Anders is ons terug by die verwarde reaksies op Johann de Lange se Nagsweet
http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/studie-nagsweet-en-die-aanwesige.html Besoek 6 Februarie 2023
Ons onthou almal hoe die bundel soos ‘n warm patat van resensent na resensent geswerf het en nonsens moes aanhoor dat die “verstommende talent misbruik is”.
Dalk oor die woord piel?
Soos die uwe afsluit:
Behalwe vir die belangrike gender-kwessies wat Nagsweet aanspreek en problematiseer, dwing dit die leser om verby die oppervlak te delf en die tekste as verplasings van dieperliggende wonde te sien.
Joan Hambidge
6 Februarie 2023
Oor Daniel Hugo wil ek wel die volgende se:
Hy besit die vermoe om soos ‘n Vermeer of ‘n Hammershoi
‘n digter se werk teen die lig te hou ten einde te onderskei
tussen die fake orgasme en vakmanskap.
Dit is juis daarom dat Daniel Hugo se latere werk nie as “gedig” per se
gelees moet word nie, maar eerder as ‘n daaglikse besinning oor die
wesensaard van die digkuns.