Brief van Eybers
In ‘n brief aan my gedateer
(24.3.2006), netjies geargiveer,
merk jy met kenmerkende ironie:
“Jammer vir my stilte. Dood
van ‘n ander; siekte my eie …”
Jou “Röntgenfoto” kom na vore
met ‘n rugbesering toe my werwels
(een vir een ingedruk deur ‘n masseuse)
my laat nadink oor hierdie jukstaposisie:
dat sowel die dood as siekte, meer
of min, immer iets ánders impliseer.
Of dit bysaak is, sal ek beslis nie seur.
© Joan Hambidge, 2023

Mooi gedig!