Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 July 202311 July 2023

AVBOB loods nasionale studiegidsprojek vir Graad 12-taalonderwysers

 

 

 

GRATIS eksamengerigte studiegidse vir alle Graad 12-taalvakke, geskryf deur van Suid-Afrika se voorste vakkundiges, is voortaan aanlyn beskikbaar vir taalonderwysers. Dié projek, genaamd AVBOB STEP 12, is vandeesweek deur AVBOB van stapel gestuur. ’n Totaal van drie-en-dertig (33) studiegidse, met drie (3) Eksamengidse vir elk van die elf (11) taalvakke, is saamgestel nà behoorlike konsultasie met praktiserende onderwyskundiges.

Die Departement van Basiese Onderwys ondersteun die STEP 12-projek. Die Eksamengidse is spesifiek ontwerp om leerders se prestasie te verhoog in elk van die drie (3) eksamenvraestelle per taalvak, naamlik Taal in Konteks, Letterkunde en Kreatiewe Skryfwerk. Die struktuur en inhoud van die Eksamengidse berus op die Kurrikulum-en-assesseringsbeleid (KABV) soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys. Die gidse sal voortdurend deur AVBOB opgedateer word namate die onderskeie leerplanne deur die Departement bygewerk of gewysig word.

Met STEP 12, aldus mnr Carl van der Riet, AVBOB se uitvoerende hoof, gee AVBOB gehoor aan die regering se oproep aan die privaatsektor om betrokke te raak by sake van landsbelang. “Dis deel van ons kultuur om hand uit te steek en ’n verskil te probeer maak,” sê Van der Riet.

AVBOB se betrokkenheid by die onderwys is niks nuuts nie. Geletterdheid en die bevordering van taalvaardigheid is sentrale temas in AVBOB se oorkoepelende doelwit, naamlik om seker te maak dat meer Suid-Afrikaners – en veral skoolverlaters – ’n beter kans het om uiteindelik die arbeidsmark suksesvol te betree. “Wanneer ’n kind nie behoorlik kan lees, skryf of praat nie,” sê Van der Riet, “kan hy nie Wiskunde of Natuurwetenskappe of enige ander skoolvak bemeester nie en is daar boonop weinig sprake van verdere studie.”

AVBOB se Road To Literacy-veldtog in samewerking met Oxford University Press Southern Africa en die bekende AVBOB Poetry Competition, ’n jaarlikse nasionale poësiekompetisie wat eweneens in al elf (11) amptelike landstale aangebied word, is ander uitvloeisels van AVBOB se fokus op die rol van taal, veeltaligheid en taalvaardigheid in die verbetering van ons samelewing se praktiese funksionering en sosiale kohesie.

AVBOB het die afgelope paar jaar ook ruimskoots bygedra tot die opknapping van infrastruktuur by skole. Met STEP 12 word diè fondament versterk. “Ons reik uit na alle taalonderwysers in Suid-Afrika wat dikwels onder moeilike omstandighede groot getalle leerlinge onderrig. Ons het ons huiswerk gedoen en glo dat betrokkenheid by taalonderrig die regte plek is om te begin.”

Volgens Van der Riet is die primêre verwagting dat STEP 12 onderwysers se moeilike taak sal vergemaklik gedurende die spannende maande van eksamenvoorbereiding. Graad 12 is uit die aard van die saak ’n waterskeidingsjaar vir leerders. Ook taalonderwysers van Graad 11-leerders sal inmiddels by die studiegidse baat.

Die AVBOB STEP 12-studiegidse volg ’n beproefde benadering wat alle aspekte van die Departement se leerplanne vir sowel eerste- en eerste addisionele taal-sprekers dek, hetsy op hoër- of standaardgraad.

“Ons is uit die aard van die saak trots op hierdie besielende spanpoging,” sê Van der Riet, “maar dan op ’n beskeie manier. Ons besef maar al te goed ons studiegidse vir die elf (11) taalvakke is net die begin van ’n projek wat hopelik iets veel groter sal ontketen. Ons hoop heimlik dat ander maatskappye die STEP 12-bloudruk sal inspan om in die toekoms self een of meer studiegidse vir die ander skoolvakke te borg. Ons hoor graag van hulle en sal gretig hand bysit waar ons kan. Dis ’n ope uitnodiging. Die basis is sterk en daar is ’n netjiese ruimte vir Suid-Afrika se sterk korporatiewe stemme wat deel wil wees van ’n groter kollektiewe bewussyn. Kom ons werk saam.”

Onderwysers en leerders kan die GRATIS studiegidse aflaai by https://www.avbobstep12.co.za/. Die AVBOB STEP 12 Facebook-blad (www.facebook.com/avbobstep12) verskaf ’n bykomende platform vir Graad 12-taalonderwysers.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d