Pieter Odendaal is ’n digter, vertaler, redigeerder en uitvoerende direkteur van InZync Poetry, ’n nie-regeringsorganisasie verbind tot die uitbreiding van veeltalige en multi-genre poësieplatforms in Stellenbosch en Kaapstad. Saam met Adrian van Wyk reël hy sedert 2011 die InZync Poetry Sessions, ’n maandelikse poësieaand in die hartjie van Kayamandi, asook die weeklikse INKredibles poësie werkswinkels vir ontluikende digters in en om Stellenbosch.
Odendaal debuteer met Asof geen berge ooit hier gewoon het nie by Tafelberg uitgewers in 2018. Hy het ’n meestersgraad in Volhoubare Ontwikkeling en het reeds na Londen, Lagos en Brisbane met sy verse gereis. Van sy gedigte is in die bundel Nuwe Stemme 5 opgeneem (2013).
Die afgelope drie jaar dien hy as Afrikaanse beoordelaar vir die Sol Plaatje Europese Unie Poësie Toekenning en is die mede-redakteur van Many Tongues (2013) en ConVerse (2018). Odendaal is tans besig met sy PhD in podiumpoësie as bevorderaar van weerstandigheid in sosio-ekologiese stelsels aan die Queensland University of Technology in Brisbane.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]