Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 June 202410 June 2024

Oproep om gedigvoorleggings vir Merang

Naledi, een van die voorste uitgewers van Afrikaanse poësie, nooi gepubliseerde en ongepubliseerde Afrikaanse digters uit om gedigte voor te lê vir die opwindende versamelbundel, Merang. Hierdie bundel word saamgestel ter viering van Afrikaans se honderdste bestaansjaar as amptelike taal in 2025. Die doel van die bundel is om die Afrikaanse digkuns te vier en ruimte te bied vir die gevarieerde ontginning van Afrikaans as poëtiese taal.

Die bundeltitel, Merang, beklemtoon die idee van feesviering. Die woord “merang” beteken “fees” en word gewoonlik geassosieer met die viering van groot geleenthede in die Kaapse Moslem-omgewing. Die etimologiese oorsprong van die woord is Maleis (“rame’an”) wat “skare” beteken, terwyl die woord “marang” in Javanees “na” beteken, soos in “kom na” (dus ook in die sin van ’n uitnodiging).

 

Voorskrifte vir voorleggings:

  • Maksimum van drie ongepubliseerde gedigte per digter. Geen gedigte wat voorheen in gedrukte of digitale formaat verskyn het, sal oorweeg word nie.
  • Bydraes in enige variëteit van Afrikaans is welkom.
  • Geen beperking in terme van tematiek, lengte, styl, digsoort of versvorm nie.
  • Geen vertalings sal oorweeg word nie.
  • Elke digter wat deelneem gee toestemming dat hul gedig in die bundel opgeneem mag word.
  • Kopiereg van gedigte word deur digters behou.
  • Geen tantieme sal vir bydraes betaal word nie.

 

Tegniese Vereistes:

  • Elke gedig moet in ’n aparte MS Word-dokument voorgelê word.
  • Die lêernaam van die MS Word-dokument moet soos volg aangedui word: Naam en van van digter_gedigtitel.
  • Gebruik 11 punt Arial, 1,5 spasiëring, en plaas die gedigtitel in vetdruk.
  • Gedigte moet taalversorg wees.

Stuur jou gedigte (en navrae) per e-pos aan die samestellers: merangverse2025@gmail.com. Die sperdatum vir voorleggings is 1 Oktober 2024.

 

Oor die Samestellers:

Neil Cochrane het grade in die Uitgewerswese en Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. In 2013 voltooi hy ’n nagraadse diploma in onderrigtegnologie en e-leer aan die University of Maryland University College (UMUC) in die VSA. Hy doseer Afrikaanse letterkunde aan Unisa en was vanaf 2006 tot 2007 as besoekende dosent verbonde aan die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznan, Pole. Hy is ’n ervare boekresensent en het reeds gedigte en kortverhale in verskeie publikasies. In 2023 word hy aangewys as die wenner van Versindaba se digkompetisie vir mediese poësie.

Alwyn Roux is ’n medeprofessor in literatuurwetenskap en kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by Unisa. Hy het sy doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands in 2015 verwerf aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy navorsing fokus op die verbeelding van Afrika in die poësie en prosa van Breyten Breytenbach. Hy is die stigter van die interuniversitêre aanlyn platform Samespraak en speel ’n aktiewe rol in die bevordering van Suid-Afrikaanse literatuur. Sy debuutbundel, Weerskyn, is in 2024 by Protea Boekhuis gepubliseer.

Vir meer inligting en om die PDF met volle besonderhede te sien, klik hier: Oproep vir Merang_2024-06-06_1.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Uitnodiging: Weerskyn (bundelbekendstelling)
Alwyn Roux vertaal drie Vlaamse gedigte →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • johan swanepoel. bloudruk
  • Resensie: “Boei” (Jean Meiring)
  • Christa Kleynhans. Omgekeerde Borduurwerk
  • Christa Kleynhans. Oggend inventaris
  • Miel Vanstreels. Weer eens

Nuutste kommentaar

  1. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

  2. Joan Hambidge on Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo14 October 2026

    Puik vertaling.

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  5. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d