Francoise Hardy
(1944 – 2024)
Model vir Paco Rabanne,
les bes, vir Yves Saint Laurent;
uitgestal in Jean-Luc Godard
en Roger Vadim se films,
‘n ster, hierdie langbeennooi
gestewel en gemaskara
op ‘n bromponie
in ‘n butch suede jas
ander kere ‘n mini-skirt
(eenvoud haar kenteken)
chic comme des garçons
die wêreld aan haar voete
at the Seine’s edge
soos Bob Dylan neurie
só insouciance
dans le monde entier.
Saam gesing aan
only you can do it
soveel jouissance
geskep
lank voordat sy
gekokhals is
deur limfoomkanker
wat
Madame Dutronc
beset het:
grys, verwese
tot langs
al die ander
stentor
-stemme
in die firma-
ment in. Hierom
‘n lament:
Dans le monde entier, cette nuit est pareille
A tant d’autres nuits quand disparait le soleil …
© Joan Hambidge, 2024