Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 June 202411 June 2024

Joan Hambidge. Stammers (Vervolg)

 

Nommer 47 Stammers vervolg

 

I

Ulysses (1922) van James Joyce, daardie groot modernistiese roman, is ‘n antwoord op Homeros se klassieke teks die Odusseia.

 

Alles speel af op een dag in Joyce se roman: 16 Junie 1904.

 

 

So word die karakters opgesom in die Britannica:

  • Leopold Bloom: Odysseus (Ulysses)
  • Stephen Dedalus: Telemachus; St. Stephen (first Christian martyr); Daedalus (mythical Greek craftsman); James Joyce
  • Molly Bloom: Penelope; Nora Barnacle (Joyce’s wife)
  • Buck Mulligan: Antinous; Oliver St. John Gogarty (Joyce’s former roommate)
  • Mr. Deasy: Nestor; Francis Irwin (Irish headmaster and Joyce’s former employer)
  • Blazes Boylan: Eurymachus; Augustus Boylan (Irish tenor); James Daly and Ted Keogh (two Irish horse dealers)
  • Simon Dedalus: John Stanislaus Joyce (Joyce’s father)
  • River Liffey: Bosporus
  • AE: George William Russell (Irish poet and Joyce’s publisher at The Irish Homestead)
  • The citizen: Cyclops; Michael Cusack (cofounder of the Gaelic Athletic Association)
  • Bella Cohen: Circe; Ellen Cohen (English sex worker and brothel owner)

https://www.britannica.com/topic/Ulysses-novel-by-Joyce Besoek 6 Junie 2024

 

Molly se beroemde monoloog word geloof om die bewussynstroomtegniek. Sy, anders as Penelope, was ontrou aan haar eggenoot, ene Blazes Boylan. So eindig die roman op bladsy 704:

 

…yes when I put the rose in my hair like the Andalusian girls used or shall I wear a red yes and how he kissed me under the Moorish wall and I thought well as well him as another and then I asked him with my eyes to ask again yes and then he asked me would I yes to say yes my mountain flower and first I put my arms around him yes and drew him down to me so he could feel my breasts all perfume yes and his heart was going like mad and yes I said yes I will Yes.

 

Trieste-Zürich-Paris, 1914-1921

Waarom hierdie kwessie van ontrouheid of die vrees hiervoor? In die werklike lewe het Joyce verneem dat sy vrou, Nora Barnacle ontrou was aan hom. Hulle het wel later versoen.

Ofskoon dit nie waar was nie, is die vrees vir verraad, ‘n tema wat ons regdeur sy werk aantref.

 

II

En dit is onderliggend aan Stammers se gedig.

Hy skryf immers:

 

So it was that I saw two sides of an antinomy take hold

and go to undo me like a zip

and I saw that it was writ

that we should be the critics of our own juxtaposition,

to deconstruct what there was between us

and discover if it was all just so much periphrasis

or something more.

*

Periphrasis is immers om iets langer en minder direk te sê, sogenaamde circumlocution.

Dublin (Joyce) teenoor Parys (Derrida).

Joyce moes klagtes van obsensiteit verduur. Veral oor Bloom se ablusies.

Virginia Woolf en D.H. Lawrence was krities oor die roman. Dit staan alles opgeteken in die nawoord tot Ulysses deur Richard Ellmann en die sensuurpolisie wat veral werksaam was in die VSA.

Molly Bloom se uitgebreide monoloog is as ‘n degradering van die menslike kondisie beskou.

Winston Churchill het die boek bestel. Ezra Pound en T.S. Eliot het dit as ‘n meesterstuk beskou. Stuart Gilbert het sy studie in 1930 begin.

Odusseus is ‘n samestelling van outis (‘n niemand) en Zeus.

Die Dubliner in Joyce se boek is ‘n Ierse Jood, beklemtoon Ellmann wat die skrywer se ambivalensie jeens sy stad beklemtoon en die huis op Ecclesstraat nommer 7

Jood wat bekeer is tot die Katolisisme en Protestantisme; altyd tussen werke; ‘n “cuckold”:

 

”Bloom would have the artist’s talent to to shift perspective, to turn humiliation into absurdity …(Nawoord: 709).

 

Boekverbrandings waarop Joyce sardonies gereageer het dat dit die vure van die purgatorium vinniger sal maak.

‘n Roman van peregrinasie, reise, wandelinge tussen Ithaca en Dublin.

Eweneens ‘n reis tussen stede, boeke en teorie. Hélène Cixous het immers ‘n groot studie geskryf oor James Joyce: The Exile of James Joyce. 765 bladsye. Oorspronklik in 1968. In Engels 1976.

 

Bronne:

Cixous, Hélène Cixous. 1976. The Exile of James Joyce. Londen: John Calder.

Derrida, Jacques. 1996.  Archive Fever. A Freudian Impression. Chicago: University of Chicago Press.

https://monoskop.org/images/e/ef/Derrida_Jacques_Archive_Fever_A_Freudian_Impression_1996.pdf   Besoek 1 Junie 2024

  1. Writing and Difference. Londen: Routledge & Kegan Paul.

Gilbert, Stuart. 1969. James Joyce’s Ulysses: A Study. Londen: Penguin.

Joyce, James. 1983. Ulysses. Londen: Penguin.

 

Joan Hambidge

8 Junie 2024

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. John Stammers
Joan Hambidge. Francoise Hardy →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d