Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 December 202417 February 2025

Versindaba mediese bundel nou beskikbaar by Naledi

flikker-gram

Marlies Taljaard (samesteller)

Die afgelope twee jaar is gedigkompetisies waarin digters hulle gedigte oor mediese toestande of die mediese praktyk kon voorlê deur die poësiewebwerf Versindaba aangebied.

Die bundel flikker-gram is ʼn konsentraat van die beste gedigte wat dié kompetisies opgelewer het en bevat gedigte van 36 digters wat elk op unieke wyse pyn en ontreddering in woorde navigeer. Gedigte van mediese praktisyns staan naas gedigte van pasiënte en leke; mans kyk anders na siekte as vroue; kanker word vryelik as tema ontgin terwyl VIGS verswyg word; siekte word op teoretiese en diep emosionele vlak beleef; erns en spot word gejukstaponeer; die taal van siekte en pyn word ontgin; van vrye verse tot ballades, intertekstuele verse en kwatryne kom voor met verwysings na Eybers, Opperman, Ernst van Heerden en ʼn magdom ander digters.

Die uiteenlopende gedigte in hierdie bundel word saamgebind deur die oorkoepelende metafoor van die flikkergram. ’n Flikkergram is nie ’n terapeutiese modaliteit per sé nie maar diagnosties, hoewel dit in terapeutiese prosedures aangewend kan word, maar dan in ’n diagnostiese hoedanigheid.

Die temas wat in hierdie bundel ontgin word, betrek die bestaan van elke mens. Susan Sontag skryf in Illness as metaphor dat siekte die skadukant van die lewe is en dat ons almal met dubbele burgerskap gebore word – enersyds in die koninkryk van die gesondes en andersyds in die koninkryk van die siekes. Hoewel ons verkies om slegs die goeie paspoort te gebruik, word ons die een of ander tyd gedwing om ook die ander een te gebruik.

Die bundel flikker-gram is ʼn toeganklike bundel wat wye aanklank onder ʼn wye verskeidenheid lesers behoort te vind.

Oor die samesteller

Marlies Taljard is die Inhoudsbestuurder van die poësiewebwerf Versindaba.

As akademikus was sy voorheen verbonde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom en aan die Universiteit van Fort Hare in Alice waar haar navorsingsfokus hoofsaaklik op die Literêre Teorie en die Toegepaste Linguistiek gefokus het. Sy het talle artikels in vaktydskrifte en hoofstukke in boeke gepubliseer, sowel as enkele kreatiewe uitsette.

Sy het twee seuns en vier kleinkinders en is tans woonagtig in Pretoria.

 

[Naledi 2024. FORMAAT: 213 X137. SAGTEBAND. PRYS: R275.00. 176 bladsye. ISBN: 9781067234386]

Bundels is nie in die handel beskikbaar nie, maar kan bestel word van NALEDI.

Tertia: 0786488616

Of op Naledi se webtuiste: https://naledi.co.za/

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Versindaba mediese bundel nou beskikbaar by Naledi”

  1. Hennie Nortje says:
    22 January 2025 at 13:41

    Dis ‘n besondere mooi boek! Baie geluk!

    Reply
  2. Versindaba says:
    3 December 2024 at 12:44

    Daniel, daar is 36 van Versindaba se gereelde bydraers opgenem.

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    2 December 2024 at 17:45

    Opwindend! Watter digters is opgeneem?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d