Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 February 2025

Bester Meyer. Wie is die ‘ons’ wat gebed verdien

 

Wie is die ‘ons’ wat gebed verdien

Die Burger 13 Februarie

 

Bélsasar, óf die grote god van vrugbaarheid,

hierdie paar woorde aan jou vandag

so half-god, half-koning

onse oranje heiland –

die bod is mos gemaak

 

maar dié wat byna-mens is, moet wel beweer

dat die geskiedenis die mantra dra –

ʼn wit transformerende haat

almal knegte van die laksman

soos die vlieë in die salf

al vroeër uit die suide

 

dat die takelwerk van die skip

dieselfde seile bevat as

ene Viktor van Hongarye

wat vir homself  ʼn goderyk (moderyk?)

van absolute mag kom propageer het

as voorbeeld vir die res van Europa

 

waar een persoon met een stem

as allerhoogste – wet –

gestalte moes vind

en basta met die orde van broederskap

dít wat in die kader van verdraagsaamheid sou pas

 

hulle staan op tegnologies-feodale-trone voor hul medemens

en bemoedig die honderyk met katodes aan hul knaters

dat óók hiérdie maar bloot deel uitmaak

van die ontvorming, to make something great again

moet daar sigself ʼn offering aan die gode wees

 

die gevangenes moes óók op herrese reise gaan

hulself van die kundige ruïnes van fascisme verlos

óór die ver verlate mynskagte van kolonialisering, apartheid

die hele boksemdais sleepvoet gestrompel

soos self-opgelegde walgelaars

wat deur vrywillige ballingskap weer moes leer

dat die vryvoet parabole van dolfyne rondom die skip

in ʼn oseaan gevind kan word

wat met een of Ander (se) liefde bol

 

die geveinsdes moes erken

dat sekere koppe in die doderyk moet rol

anders hoe bly ons oranje heiland bó?

 

máár hoe aanbid ons God

as dan nie deur man en vrou as een

om met transendentale krag te kan uitbasuin:

helaas, helaas, die vergelyking bevat nou selfs ʼn X

ʼn ge-mene deler in die tekel-werk

 

© Bester Meyer, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. In wens

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d