Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 2025

Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway

 

vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway

 

 

vraag: daa is ʼn klong op sy knieë

innie buite toilet met pawpaw boeme

 

weerskant, agte in sy ouma se yart 一

 

skrop hy die sement vloer? of bely hy

vi ieman annes se sonde?     antwoort:

 

ek wietie.

 

al wat ek wiet, is dat hy geskrie ʼit.

 

want voo woorde, groei die mont ees tanne.

daai pawpaws: soes altyd, geel puisies hang

 

op gesigte met oë wat niks sienie. pawpaws:

hoe die mont moet voel, lee hy my. oh pawpaws,

 

die kleur van geroeste dakplate,

lê ommie buite toilet, soes kraletjies

 

om ‘n baba se nek. die mont groei ees tanne,

ommat woorde soes nie en moenie

 

nog vas sit innie keel. ôs altwie – ek

 

& my niefie, wiet dat as jy ‘n lyk wil begrawe

innie buite toilet, moet dit gebeu wanne die nag

 

ge-iet is tot by haa pitte: soes ôs niggie se kint,

daai tyd dieselle ouderdom as sy, met sumo maan

 

van haa mag, weggestiek onne haa matriek jacket,

kraam sy binne innie mont vannie donke’te. die baba

 

was oggent lug: februarie blou, gevint

innie toilet se broeikas.

 

al wat ek wiet is dat hy het geskrie,

 

toe ek hom perongeluk gebyt ‘it.

 

want dit is nie wat by die mont ingan

wattie mens onrein maakie, dit is waa die mens

 

se tanne wonde los. die laaitie wat buig

innie buite toilet: is ʼn skarrelaar met net ‘n mont

 

vol gechipte melktanne: my klein enamel daggertjies

 

//

 

jare later, op my laptop screen,

 

how’s your head?

 

vra rupaul vi michelle.

 

toothy

 

antwoort ek.

 

 

© Keith Oliver Lewis, 2025

 

Beeld: Lady Skollie, Vroeg ryp, vroeg vrot: in various stages of ripening, being ripe, being ready, being consumed and nothingness. Beskikbaar: https://www.everardlondon.com/artist/LADY%20_SKOLLIE/news/252/

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Keith Oliver Lewis: Eersteplekwenner: Kyk hoe ver het ons gekom gedigtekompetisie
Afrikaanse wenner van AVBOB-poësiekompetisie: Keith Oliver Lewis →

1e kommentaar op “Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway”

  1. Maritha Broschk says:
    21 June 2025 at 23:13

    Liewe hemel. Dié het my nou wragtigwaar geráák.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d