Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 2025

Digtersprofiel: Caren Kearley

Caren Kearley is in Januarie 1974 gebore en het in Namibië grootgeword en in die Swartland wortel geskiet, waar sy tans in Riebeek-Kasteel as eiendomspesialis werk. Ná matriek by La Rochelle Hoër Meisieskool in die Paarl het sy eers die wêreld (en haarself) gaan ontdek.

Kearley sien haarself as ’n gebore digter. “Ek het maar net aanvaar dat as ek dit so maklik kan doen, kan ander dit sekerlik ook doen. Ek het eers op ’n baie laat ouderdom besef hoe ’n spesiale talent dit is.”

Haar eerste publikasie was op veertienjarige ouderdom in Hoërskool Namakwaland se jaarblad. Sedertdien is haar werk opgeneem in verskeie versamelbundels saam met ander digters, asook op Avbob se poësie webblad. Kearley se debuutbundel, Dawerende stiltes (Turksvy, 2025), is ’n versameling van haar persoonlikste en sterkste gedigte wat sy oor die afgelope nege jaar geskryf het. Die mees onlangse publikasie is in die versamelbundel Merang (Naledi) wat in 2025 gepubliseer is.

“Wanneer ek nie eiendomme verkoop nie, reis ek rond en versamel stories … merkwaardige mense en oomblikke wat vra om oor gedig te word. Ek glo poësie is ’n leefwyse —’n manier om die wêreld sagter, skerper en sinvoller te maak sonder om al die vrae te beantwoord.”

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Clinton V du Plessis
Digtersprofiel: Hans du Plessis →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai
  • Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
  • Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

  2. FRANCO COLIN on Loftus Marais. Veksilologie22 October 2026

    Merkwaardige beeld wat maar net weer die "show-don't-tell" beginsel by uitnemendheid bevestig.

  3. Jacobus Swart on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Welsprekende digter; welsprekende resensent.

  4. Fer on Andrea Sieberhagen. Sterrewag22 October 2026

    'n Treffende huldeblyk aan NP.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)21 October 2026

    Baie dankie aan Marlies Taljard vir haar noukeurige lees van Spiraal. Ek is dankbaar vir die gedigte wat sy as…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d