Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 202514 July 2025

Digtersprofiel: Clinton V du Plessis

Clinton V du Plessis is op 20 Februarie 1963 op Cookhouse in die Oos-Kaap gebore. In 1984 word sy eerste digbundel, Geloofsbelydenis van ’n kluisenaar, deur Perskor uitgegee – sy enigste bundel wat deur ’n hoofstroomuitgewer gepubliseer word. In 1987 stig Clinton sy eie uitgewery en bring ook ’n literêre tydskrif, Akuut, op die been.

Du Plessis publiseer nog verskeie dig- en kortverhaalbundels oor die jare, waaronder curriculum vitae, in god’s country: no 2–21, Tussentydse verslag, Kort van draad en Brunch met twee.

Van sy werk is ook in ’n hele aantal plaaslike en oorsese bloemlesings opgeneem: Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in duisend en een gedigte, Honderd dichters 1, De tweede ronde en O droewe en wye land. Spaanse vertalings van sy werk is opgeneem in die boek International poetry.

Nadat hy drie en ’n half jaar as rekenmeester in Johannesburg gewerk het, vestig hy hom op Cradock. Verslag verskyn in 2019 by Roepman uitgewers en is volgens die digter sy tiende en laaste Afrikaanse digbundel.

Lees gerus ‘n meer volledige biografie op LitNet:

https://www.litnet.co.za/clinton-v-du-plessis-1963/


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Andries de Beer
Digtersprofiel: Caren Kearley →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohn se “Jenny”
  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d