Beste lede & vriende,
Ons nooi u graag uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word.
Die bekende digter en literator prof. Joan Hambidge tree in gesprek met prof. Wium van Zyl oor sy pas verskene digbundel Poëme. Dit is ook ’n bekendstelling van die bundel. Die geleentheid vind plaas by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) op Saterdag 27 September, wat ook markdag is by SASNEV.
Datum en tyd: Saterdag 27 September 2025 om 10:00 vir 10:30.
Plek: SASNEV Konferensiesaal, Sentraalplein 4, Pinelands.
RSVP: teen 25 September by info@sasnev.co.za


Wium van Zyl was lank dosent in veral die Nederlandse poësie. In 1991 het sy eerste bundel, Oggendvuur, verskyn en van sy gedigte is sedertdien opgeneem in verskeie bloemlesings waaronder André P. Brink se Groot Verseboek en Gerrit Komrij se De Afrikaanse Poëzie in Duizend en Enige Gedichten. Sy nuwe gedigte betrek sy geboortestreek, die Langeberge by Heidelberg (Wes-Kaap), maar ook streke en gebeurtenisse elders in Afrika, die Lae Lande, Oos-Europa en sluit af met ’n afdeling oor die antieke Yslandse literêre skat, die Edda.
Hy is voorsitter van die Vrienden van de Nederlandse Bibliotheek, die Algemeen Nederlands Verbond en Van Ewijck Stigting.
Daar sal bundels te koop wees teen R150, ’n spesiale prys. Slegs kontant word aanvaar.
Meer oor die bundel
‘n Resensie van Poëme deur Joan Hambidge het aanlyn op Versindaba verskyn. Klik op die volgende skakel:
https://versindaba.co.za/2025/09/05/joan-hambidge-poeme-en-argetipes/
Klik op die volgende skakel om Joan Hambidge se gesprek met met Wium van Zyl oor Poëme op Versindaba te volg:
Joan Hambidge gesels met Wium van Zyl oor “Poëme” : Versindaba
Lees bietjie hier: Pas verskyn, Wium van Zyl en die digterlike personifikasie – https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/wium-van-zyl-en-die-digterlike-personifikasie/
Ons verwelkom jou graag by SASNEV vir hierdie uitsonderlike bekendstelling. Onthou om kontant saam te bring.
Met hartlike groete,
Marius van Wyk Eureka Barnard Erwin Rode Jan Mutton
Sekretaris & Web-inhoudsbestuurder Voorsitter Onder-voorsitter
Penningmeester Programbestuurder vir Nederlandse Taal & Kultuur
Orde van den Prince
Sekretaris: Afdeling Kaap de Goede Hoop
amvanwyk@law.co.za |+27 82 886 3655 (selfoon)


Spyt ek kon nie in lewende lywe kom luister nie. (Familieverpligting gehad.) Dankie dus vir die opnameskakel.
Die vorige een was onhoorbaar. Hier:
https://youtu.be/-0oDqkB-Xds
Opname #6 2025 Joan Hambidge in gesprek met Wium van Zyl
Studio SASNEV
60 subscribers