Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 August 2025

Anne-Marie Bartie. bewys van betaling

 

bewys van betaling

 

‘n kontantstrokie kom

tussen HAT bladsye:

‘Mohammedaan’

en ‘mooiprater’, uit

 

op 3 Maart 2004

het ek skynbaar

iets by Zoot gekoop

iewers in ‘n mall

 

dit was vóór

my hare lank was

maar ná my man

dood is in die nag

 

mooi behoue,

nog leesbaar met

een totaalbedrag

asook kleingeld

vir honderd rand

 

waar kan mens

nog iets iets

wat héél

vir soveel koop?

 

laas, nikkerballs of

‘kiss me’ lekkers

by uncle Rogat

of ‘n grenadella-ysie

by Dappat se Gat

 

soggens in die spieël

en saans

van my knieë af

sien en hoor ek

hoe ek knars

 

en ek verwys

na die strokie

onderaan:

‘we regret, no refunds’

 

© Anne-Marie Bartie, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Anne-Marie Bartie
Anne-Marie Bartie. fake news →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Vlerke is vir vlieg” (Jeanne Henning Els)
  • Margaret Cordier-Biermann. Soom
  • DJ Grobler. Grendel
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d