Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 November 202516 December 2025

Digtersprofiel: Joan Hambidge

Joan Hambidge is gebore op Aliwal-Noord en het skoolgegaan op Witbank, in Pretoria en op Standerton. In matriek behaal sy die beheerraadsmedalje vir die beste student.

Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch (1975 – 1979) en behaal ’n MA met lof onder leiding van Elize Botha in 1982 oor Die ek-verteller in die belydenisroman. Sy het Opperman se letterkundige laboratorium in haar derdejaar bygewoon. Vanaf 1980 – 1992 doseer sy literatuurwetenskap aan die Universiteit van die Noorde en vanaf 1992 word sy dosent in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk (in die Skool vir Tale) aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is in 2021 aangestel as Fellow waar sy die Hofmeyr-leerstoel beklee het.

Sy is ’n gereelde boekresensent en skryf rubrieke oor letterkunde en films. Sy het ’n MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad aangebied. Hambidge behaal twee doktorsgrade. In 2000 Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde – ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk aan die UK (promotor: HJ Snyman) en ’n eerste aan Rhodes Universiteit, Die metaroman – ’n dekonstruksie-ondersoek in 1984 (promotor: AP Brink).

Hambidge debuteer in 1985 met Hartskrif. Daarna verskyn nog vele bundels uit haar pen. Die Buigsaamheid van verdriet (2004) bevat ’n keur uit haar poësie. Vir haar digkuns is sy bekroon met die Eugène Marais-, ATKV- en Litera-pryse.

Behalwe vir haar digbundels, het Hambidge ook satiriese romans (Swart koring, Die swart sluier, Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het) én ernstige romans (Die Judaskus, Palindroom, Kladboek en Stasies) gepubliseer. Verder is sy bekend vir haar teoretiese essays. Sy is tans besig met ’n studie oor die digkuns van Johann de Lange en ’n metaroman Hart sonder hawe.

Sy skryf eweneens ’n boek oor Freud & vroue en ’n studie oor die digkuns: Kringloop. In 2021 verskyn ’n Festschrift in Stilet.

Luister na die video-greep hier van ’n voorlesing van haar verse tydens Versindaba 2007 in Stellenbosch.

Sy het verskeie buitelandse ruimtes besoek sedert 1980 wat haar skryfwerk rig. Sy is digter, romanskrywer en teoretikus.

Sy het ’n blog Woorde wat weeg. http://joanhambidge.blogspot.com/

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor Hambidge op LitNet:

https://www.litnet.co.za/joan-hambidge-1956/

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Tristia en Alberto Manguel
Nini Bennett-Moll. Die ambivalensie van selfdood →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d