Pollenys
Vir die tannie in die ouetehuis
U rooi rok is al leiklipgrys gedans
ek het u nog nooit so mooi gesien nie
u poeier u gesig in kobaltblou
ligpers, turkoois
rooi en spatsels goud
lipstiffie, eye shadow pikant verwant
u koninklike nek is slank
iewers lê ’n beauty spot
’n helm in sofistikasie op die kop
vry van parasiete, ’n liefdevolle hart
statig op die Maker se pad;
vanoggend was dié tarentaal ’n wekroep ver
’n Pollenys, ’n lieflike ding
sonder die sewe ringe
’n eerste prys.
© Koos de Wet, 2026
