Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 September 2025

Carla Botha. Lesse in Wêreldreise

 

Lesse in Wêreldreise

 

i

In New York bekgevegte oor taal
nes straatkatte oor visgrate.
Ek bestel ’n Starbucks;
die barista antwoord in Italiaans

ek glimlag, sê dankie in Afrikaans.

 

Terug in my land

Blouberg se strand ’n pasgebleikte tafeldoek,
selfs die meeue skree in vreemde dialek —

al wat ek hoor ’n honger-gebed.

 

ii

 

San Francisco vroegoggend

’n pispot te lank in die son gelos.

’n Man skuit tussen struike
en verdwyn terug in sy verslete vaal tent

hoe anders ons wêrelde — ek opsoek

na skoonheid, hy na rus dalk vrede.

 

iii

 

In Parys, oorkant die Louvre,
verdwyn moeder se beursie.

Jare vantevore, Pretoria:
my eie beursie — skoonveld.

Miskien was daardie R20-00
’n subsidie vir iemand anders se broodnood,
maar in my kop is die dief
steeds die hoofkarakter

in my studentebegroting riller.

 

iv

 

Reise het altyd ’n prys:
hotelle sonder lugverkoeling

een klein dak-venstertjie.

 

En tog
vertroetel ons hierdie herinneringe:

die wind, die beursies, die tale, die sand —
die wêreld beroof ons net genoeg
sodat ons iets het om oor te lag
terwyl die paspoort geduldig wag
soos ’n hond by die voordeur.

 

 

© Carla Botha, 2025.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Carla Botha. Afskeid →

1e kommentaar op “Carla Botha. Lesse in Wêreldreise”

  1. Helena Botha says:
    3 September 2025 at 21:09

    ń Oë oop maak,ver terug dink gedig.Laat mens wonder oor die lewe,sy swaar en lekker kry.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d