Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 September 2026

Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III

Vers & Kapittel III

Daniel Hugo

Omslag

Die derde bundeling van Daniel Hugo se artikels, rubrieke en resensies oor die poësie lewer onverminderde genot. Hugo skryf toeganklik en pittig oor die poësie, dit wil sê oor ’n onderwerp wat dikwels as verhewe of elitisties gesien word. Selfs in sy gewigtiger bydraes, soos die gedenklesings, wat heel komplekse ontledings van gedigte bevat, verval hy nooit in akademikaans of in teoretiese jargon nie. Sy beskouings word kort-kort gepeper deur kostelike literêre anekdotes. – Francois Smith

By die lees van die stukke in Vers & Kapittel III kan ’n mens nie anders as om weer onder die indruk te kom van Daniel Hugo se wye belesenheid nie. Verstommend is die wyse waarop hy daarin slaag om intertekstuele eggo’s en toespelings raak te sien of te hoor – veral tussen Afrikaanse, Nederlandstalige en Engelstalige gedigte. Die poëtiese tradisie word as ’n wydstrekkende netwerk beskryf. Hy doen dit met ’n sprankelende, immer heldere woord- en formuleervaardigheid. – Bernard Odendaal

Oor die digter

Daniel Hugo (1955) is op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton en in Windhoek waar sy pa ’n predikant was. Hy studeer aan die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Leuven, en verwerf ’n doktorsgraad oor die vernufspoësie. Hy was ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna was hy’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK. Daar het reeds 17 digbundels uit sy pen verskyn – die jongste is Kategismus van 2025. Vir sy vertaalwerk uit Nederlands is hy twee keer deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Vir sy digbundel Klinkklaar (2021) ontvang hy ’n ATKV-Woordveertjie.

[Turksvy Publikasies. 2026. FORMAAT: A5. AANTAL BLADSYE: 358. PRYS: R380.00 (BTW ingesluit). ISBN: 978-1-0483-2138-8]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg
Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai
  • Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
  • Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

  2. FRANCO COLIN on Loftus Marais. Veksilologie22 October 2026

    Merkwaardige beeld wat maar net weer die "show-don't-tell" beginsel by uitnemendheid bevestig.

  3. Jacobus Swart on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Welsprekende digter; welsprekende resensent.

  4. Fer on Andrea Sieberhagen. Sterrewag22 October 2026

    'n Treffende huldeblyk aan NP.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)21 October 2026

    Baie dankie aan Marlies Taljard vir haar noukeurige lees van Spiraal. Ek is dankbaar vir die gedigte wat sy as…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d