Vlerke is vir vlieg
Jeanne Henning Els

sal ek
my laaste
woorde praat
voor ek my
vlerke sprei
en hierdie wêreld
se babelse verwarring agterlaat
Oor die digter
Jeanne Henning Els het ’n voorliefde vir mens en dier en verken graag stiltes en afdwaalpaaie. Sy het in die Paarl grootgeword en ’n honneursgraad in joernalistiek aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Haar loopbaan as joernalis begin by Die Burger en mettertyd word sy vryskutskrywer vir veral tydskrifte. Twee niefiksie-boeke en drie essaybundels het uit haar pen verskyn. Vlerke is vir vlieg is haar eerste digbundel.
[Turksvy Publikasies. 2026]
