wesenlik
die oomblik en om daarin te wees
opgedaag het jy in dié moment
in wese met gisterspyt en toekomsblik
vooroordele ingeperk, illusies en al die res
sintuiglik ’n belewe-nis
daar is niks verkeerd in hierdie presiese sekonde nie
probeer E.Tolle pyn stol in die hier
prosochê is mindfulness aldus Marcus Aurelius
en dis seker goed so mits
vrees vir die onbekende uitfaseer
die las van twyfel uit jou psige val
in een sekonde is alles reg en/of verkeerd
is living in the moment wesenlik
© Koos de Wet, 2026
