Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 November 202621 November 2026

PEN Afrikaans. Nuusbrief: November 2026

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

PEN Afrikaans ken lewenslange lidmaatskap aan dr Francis Galloway toe

Tydens PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering van 2026 het die vergadering van lede eenparig besluit om lewenslange lidmaatskap aan dr Francis Galloway toe te ken, as erkenning van haar volgehoue toewyding aan PEN Afrikaans en sy doelstellings.

Die bestuur van PEN Afrikaans sê graag baie geluk en baie dankie aan Francis Galloway.

Lees gerus by hierdie skakel die voorstel vir erelidmaatskap wat aan die vergadering voorgehou is en op grond waarvan sodanige lidmaatskap aan Francis Galloway toegeken is.

Notule en verslae: PEN Afrikaans se AJV 2026

Baie dankie aan almal wat PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op Woensdag, 14 Oktober, bygewoon het. Daar is teruggekyk op ’n jaar en vorentoe gekyk na nuwe projekte, met dank aan ons projekvennote, finansiers en lede.

Klik gerus hier vir die volgende dokumente wat met die algemene jaarvergadering verband hou:

  • Die notule van die vergadering
  • Voorsittersverslag
  • Bestuurdersverslag

Izak de Vries, ons tesourier, se verslag oor PEN Afrikaans se finansies is vervat in die notule van die vergadering. Enige vrae daaroor kan gerig word aan penafrikaans@gmail.com.

Wenners aangekondig: Woordtrofees 2026

Die wenners van die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2026 is bekend. Die wenners is Maandagaand 2 November tydens ’n geleentheid by die Adam Small-teaterkompleks in Stellenbosch bekroon.

Die Woordtrofees vereer jaarliks kunstenaars wat uitnemend presteer het by die fees. 

Die volledige lys van wenners is by hierdie skakel beskikbaar.

Vergun ons die geleentheid om skryf- en boekverwante vererings uit te sonder. Baie geluk aan Dianne Albertze wat vereer is met die Woordtrofee vir Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant), aan Vihann van Rooyen wat vereer is vir Beste teks (nuutgeskrewe of verwerking) vir Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) en aan die volgende wenners van die EasyEquities Skrywersfees-boekpryse:

  • Topverkoper: Fiksie (Etienne van Heerden: Diereriem)
  • Topverkoper: Niefiksie (Frans de Villiers: Die Geskiedenis van Braaibroodjies)
  • Topverkoper: Leefstyl (Louis Jansen van Vuuren: Biltong en Dior)
  • Topverkoper: Poësie (Danie Marais: Ek is nie Danie)

Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in November 2026

Baie geluk aan ons lede wat in November, betyds vir die Kerskous, nuwe boeke op die rakke het! Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Ten slotte:

  • Hartlik welkom aan Jerome Coetzee wat sedert ons vorige nuusbrief by PEN Afrikaans aangesluit het.
  • Lourensa Eckard het vanjaar ons jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid gelewer. Die teks én video van hierdie boeiende lesing is hier beskikbaar.
  • A.M. Holder het mees onlangs ons stel #Vinnigevrae in Taalgenoot beantwoord. Lees gerus haar antwoorde in die jongste uitgawe van Taalgenoot hier.

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← PEN Afrikaans. Nuusbrief: Sepetember 2024

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Jaco Fouché. By die opstel van 'n testament

Nuutste bydraes

  • PEN Afrikaans. Nuusbrief: November 2026
  • Digtersprofiel: Koos de Wet
  • Nuwe Bundel. Dietloff van der Berg: Apofatiese Lens
  • Paul Kloppers. eclipse
  • Paul Kloppers. afskeid III

Nuutste kommentaar

  1. Karina Nel on Karina Nel. Okerstof: Nicolaas18 November 2026

    Thank you Jenna, appreciate it.

  2. Versindaba on Wat lees jy? “Van die Apennynse berge tot Sisilië”. Rina Cascione (Vert.)18 November 2026

    Hennie, dit behoort in die boekwinkel te wees, maar jy kan dit ook van Naledi bestel.

  3. Hennie Smith on Wat lees jy? “Van die Apennynse berge tot Sisilië”. Rina Cascione (Vert.)17 November 2026

    Hennie Smith gaan more boekwinkel toe om te bekom. Of is daar n ander manier?

  4. Karina Nel on Karina Nel. Okerstof: Nicolaas17 November 2026

    Dankie Angie, waardeer dit baie.

  5. Karina Nel on Karina Nel. Okerstof: Nicolaas17 November 2026

    Dankie Ida, groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d