Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Charlton Lee George

Charlton Lee George is gebore in Morningstar, Durbanville.

Hy begin sy digloopbaan gedurende die skole-boikotte in 1980. In hierdie jare begin hy ook voltyds toneel te speel. Hy lees graag verse voor by massavergaderings, vakbonde en jeugbyeenkomste. Van sy gedigte verskyn in Akal, One day in June en ander publikasies van die Kongres van Suid-Afrikaanse skrywers. Hy het ook in Nuwe Stemme gepubliseer.

Charlton is veral bekend vir sy rolle in o.a. die kykNET dramareekse Sara se Geheim en Die Byl, en SABC3 sepie Isidingo.


 

Taxi

 

ons drome ryloop deesdae

op en af oor heuwel en vallei

sonder dat ons kan onthou

waar ons was in die diepnag

wanneer hane kraai en taxi’s

kompeteer met busse oor hoe hard

hulle mense kan wakker raas

douvoordag as die afgestorwenes

ons nog verlaat na ’n nag se huisbesoek

lank voor aan die son gedink word

in donkerte wanneer taxi bestuurders

vloek-vloek staan en koffie drink

en dik groen skywe trek

voor die koms van die eerste

werkers van die dag wat soos

fabriekzombies met gestorwe drome

hulle drie rande outomaties tel

en vorentoe uitstaar na die

donker voorvenster van die more

terwyl, aan die kantvenster,

’n skarlakenrooi berg groter gloei in goud.

 

Uit: Versindaba 2007, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d