Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Charlton Lee George

Charlton George

 

Charlton Lee George is gebore in Morningstar, Durbanville.

Hy begin sy digloopbaan gedurende die skole-boikotte in 1980. In hierdie jare begin hy ook voltyds toneel te speel. Hy lees graag verse voor by massavergaderings, vakbonde en jeugbyeenkomste. Van sy gedigte verskyn in Akal, One day in June en ander publikasies van die Kongres van Suid-Afrikaanse skrywers. Hy het ook in Nuwe Stemme gepubliseer.

Charlton is veral bekend vir sy rolle in o.a. die kykNET dramareekse Sara se Geheim en Die Byl, en SABC3 sepie Isidingo.

 

Taxi

 

ons drome ryloop deesdae

op en af oor heuwel en vallei

sonder dat ons kan onthou

waar ons was in die diepnag

wanneer hane kraai en taxi’s

kompeteer met busse oor hoe hard

hulle mense kan wakker raas

douvoordag as die afgestorwenes

ons nog verlaat na ’n nag se huisbesoek

lank voor aan die son gedink word

in donkerte wanneer taxi bestuurders

vloek-vloek staan en koffie drink

en dik groen skywe trek

voor die koms van die eerste

werkers van die dag wat soos

fabriekzombies met gestorwe drome

hulle drie rande outomaties tel

en vorentoe uitstaar na die

donker voorvenster van die more

terwyl, aan die kantvenster,

’n skarlakenrooi berg groter gloei in goud.

 

Uit: Versindaba 2007, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Resensie: "Plunder" (Antjie Krog)
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)
  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips
  • Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek
  • Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif
  • Piet van Rooyen. Om met oorleg te dig

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon