Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Daniel Hugo

Daniel Hugo

Daniel Hugo is ’n digter, vertaler, samesteller en redakteur met talle publikasies op sy kerfstok.

Hy is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton (Weskaap) en in Windhoek (Namibië), en studeer aan die Universiteite van Stellenbosch (B.A. Hons.), Pretoria (M.A.) en die Vrystaat (D.Litt.). Op Stellenbosch was hy ’n lid van die digter D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium. In 1983 studeer hy aan die Katolieke Universiteit van Leuven in België.

Hugo begin reeds op skool dig, geïnspireer deur die ongerepte Namibiese landskap en die liefde. Hy publiseer gedigte in letterkundige tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Ensovoort en debuteer saam met Etienne van Heerden, Koos Kombuis (destyds nog onder die naam André le Roux du Toit) en Peter Snyders in die bundel “Brekfis met vier”. Hy is die digter van 16 bundels waarvan die jongste openbare domein is wat in 2018 by Naledi verskyn het. Hy het ook etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy is verder bekend as vertaler uit Nederlands en Engels.

Sy gedigte word opgeneem in verskeie versamelbundels oor die Afrikaanse poësie, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Digters en digkuns”, “Nuwe verset”, “Die dye trek die dye aan”, “Miskien sal ek die wingerd prys”, “Goudaar”, “Kraaines” en “Groen”. Hy is in 2002 die eerste digter wat al sy werke op CD-ROM (“Versalbum”) beskikbaar stel. Hierdie CD bevat benewens sy gedigte en biografiese inligting ook lesings wat hy deur die jare gelewer het en opnames waar hy self heelwat van sy gedigte voorlees. ’n Keuse uit sy gedigte vanaf 1982 tot 1998 word in Nederlands vertaal deur Jacqueline Caenberghs en saamgebundel in “Planetarium”, wat beide die Afrikaanse en Nederlandse weergawes van die gedigte bevat.

Daniel Hugo was aanvanklik ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna was hy byna 20 jaar lank in Kaapstad ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Vanaf April 2010 tot Mei 2014 is hy ’n vertaler en uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. In 2014 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie se vertaalprys vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos. Deesdae is hy ’n vryskut-taalpraktisyn.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor die digter op LitNet:

https://www.litnet.co.za/daniel-hugo-1955/

 

 

Loflied op die letterkunde

Ek het die Afrikaanse letterkunde lief:

Elke letter het ek lief, die kleinste setfout,

die slap anglisismes, die anachronismes,

elke taalfout en die blatantste plagiaat.

Ek het die dom skrywers lief, die lui redakteurs,

die gesette uitgewers, die skraal kritici

en die analfabetiese boekhandelaars:

Die totale, banale bedryf het ek lief.

Maar bowenal het ek die verpulpers lief:

Van boeke maak hulle bruikbare bokse

waarin jy die hele letterkunde kan pak

vir snelversending na die naaste pulpfabriek.

(Uit: Versindaba 2008. Protea Boekhuis, 2008.)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Resensie: "Plunder" (Antjie Krog)
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)
  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips
  • Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek
  • Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif
  • Piet van Rooyen. Om met oorleg te dig

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon