Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Daniel Hugo

Daniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton (Weskaap) en in Windhoek (Namibië), en studeer aan die Universiteite van Stellenbosch (B.A. Hons.), Pretoria (M.A.) en die Vrystaat (D.Litt.). Op Stellenbosch was hy ’n lid van die digter D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit van Leuven in België. Hy begin reeds op skool dig, geïnspireer deur die ongerepte Namibiese landskap en die liefde. Hy publiseer gedigte in letterkundige tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Ensovoort en debuteer saam met Etienne van Heerden, Koos Kombuis (destyds nog onder die naam André le Roux du Toit) en Peter Snyders in die bundel Brekfis met vier (1981). Hy is die digter van 17 bundels. Die jongste is Klinkklaar wat in 2021 verskyn het en waarvoor hy die ATKV se poësieprys ontvang. Hy het ook etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy is verder bekend as vertaler uit Nederlands en Engels.

Sy gedigte word opgeneem in verskeie bloemlesings van die Afrikaanse poësie, insluitende D. J. Opperman se Groot verseboek en Gerrit Komrij se Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte. Hy is in 2002 die eerste digter wat al sy gedigte op CD-ROM (“Versalbum”) beskikbaar stel. ’n Keuse uit sy gedigte vanaf 1982 tot 1998 word in Nederlands vertaal deur Jacqueline Caenberghs en gebundel in Planetarium, wat beide die Afrikaanse en Nederlandse weergawes van die gedigte bevat.

Daniel Hugo was eers ‘n onderwyser in Windhoek en toe ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna was hy byna 20 jaar lank in Kaapstad ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Vanaf April 2010 tot Mei 2014 is hy ’n vertaler en uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. In 2015 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie se vertaalprys vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos en in 2017 dieselfde prys vir sy vertaling van Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn. Hy is werksaam as vryskutredakteur, vertaler, keurder en proefleser, asook ’n literêre resensent. Sy artikels, rubrieke, resensies en lesings oor die digkuns word saamgevat in twee bundels: Vers & Kapittel (2018) en Vers & Kapittel II (2023).

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor die digter op LitNet:

https://www.litnet.co.za/daniel-hugo-1955/


Loflied op die letterkunde

Ek het die Afrikaanse letterkunde lief:

Elke letter het ek lief, die kleinste setfout,

die slap anglisismes, die anachronismes,

elke taalfout en die blatantste plagiaat.

Ek het die dom skrywers lief, die lui redakteurs,

die gesette uitgewers, die skraal kritici

en die analfabetiese boekhandelaars:

Die totale, banale bedryf het ek lief.

Maar bowenal het ek die verpulpers lief:

Van boeke maak hulle bruikbare bokse

waarin jy die hele letterkunde kan pak

vir snelversending na die naaste pulpfabriek.

(Uit: Versindaba 2008. Protea Boekhuis, 2008.)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d