Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Margaret Cordier

Margaret Cordier-Biermann is gebore op 28 April 1962 in Alexanderbaai aan die Diamantkus van die Noord-Kaap — ‘n landskap van see, woestyn en wydtes wat haar poëtiese verbeelding van kleins af gevorm het.

Haar liefde vir skryf het vroeg ontkiem: skoolkoerantbydraes, redenaarskompetisies, kunswedstryde en leierskapposisies op laer- en hoërskool. Dit was juffrou Elize Swart wat die jong Margaret aangemoedig het om onbevange te skryf. Daardie vryheid het gebly.

“My pa, ‘n wetenskaplike, het my nuuskierigheid geprikkel oor wiskunde, astrofisika en die bestaanswêreld buite tyd, ruimte en materie — ‘n invloed wat vandag nog sigbaar is in die wyse waarop ek groot vrae met ‘n oop hand dra. Daar was ‘n binnekring van geloof.”

Na matriek aan Hoërskool Rustenburg studeer Cordier Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, en voltooi later ‘n BA-graad met hoofvakke Kriminologie en Sielkunde aan UNISA. In 2019 verfyn haar ambag aan die Potchefstroom Skryfskool onder leiding van prof. Hans du Plessis, prof. Bernard Odendaal en digter-taalkundige Louis Esterhuizen. Chris Brunette het ‘n beslissende rol gespeel deur haar aan te moedig om gedigte na LitNet te stuur — dit het Cordier se stem in die breër Afrikaanse literêre gesprek ingebring.

Versindaba sou die oop ruimtes bied vir woordvlug met goeie begeleiding.

Prof. Ian Raper het tot kort voor sy dood ‘n sinvolle bydrae gelewer tot Margaret se werk.

Haar gedigte het verskyn op LitNet en Versindaba. Sy sal altyd dankbaar bly teenoor Chris Brunette en Marlies Taljard.

Van haar gedigte is opgeneem in die bloemlesing Gelykmaker: Covid-19-gedigte (saamgestel deur Fanie Marais, 2020), Stemme uit die Suiderland (GHA, 2022), en Flikker-gram (saamgestel deur Marlies Taljard, Naledi). In 2019 is haar gedig ‘My hart’ uitgestal in die Groengallery van Digters by die Taalmonument in Paarl — een van elf digters in Suid-Afrika wat hierdie erkenning ontvang het. Gedigte het ook verskyn in die Vrye Weekblad (2024) en die Kaapse Kontrei Nuusblad.

BUIGBREEK – haar debuutbundel (Cordis Trust, 2021) is op RSG Radio Suid-Afrika se Vers en Klink op 28 Desember 2021 voorgelees. Die digter se woordreis ontbloot haar belewenis van toegepaste landings in gietnagte en die inwerking daarvan op haar lewe. “Eindelik kan ons soos arende opwaarts klaar in vlug na ʼn bergbreek wat roesrooi môres bring.”

Margaret woon tans in Googong, Canberra, Australië, saam met haar man. Die afstand van die geboortegrond het nie haar stem stil gemaak nie — dit het dit skerper geslyp. Sy werk tans aan nuwe skryfprojekte.

Sy skryf vanuit die ‘wagterspos’ —die plek waar horison en woord ontmoet, met inspirasie van God die Digter (TT- Cloete)


 

Sambrele in die son

 

hoekom loop al die vroue

van Suid-Afrika nie

met sambrele in die son

dink net hoe kan

so ‘n verskroeide land

weer blom

 

© Margaret Cordier, 2022

 


 

Terugblik

 

gister se reën het opgedroog

die uitspoelvoortjies lê

ingeëts aan die oppervlak

 

ek tel my kop op

— kyk die lug

in die oë

 

geen bliksem

of donder

sal my verskrik

 

my opvangskottel loop oor

 

© Margaret Cordier, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d