Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Pieter Fourie

Pieter Johannes Fourie (3 April 1940 – 12 September 2021) is een van die mees bekroonde en bekende dramaturge in Afrikaans. Benewens skrywer is hy ook ’n ervare akteur, regisseur en toneelorganiseerder. Hy is op Philippolis in die Vrystaat gebore en verhuis later saam met sy ouers na Luckhoff in die Vrystaat, waar hy grootword en skoolgaan.
Fourie studeer aanvanklik drama aan die Universiteit van Stellenbosch, maar skakel oor na letterkunde en verwerf sy B.A.- en Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands.

Fourie word gevier as een van die veelsydigste en mees gesoute teatermakers in Afrikaans wat spog met meer as 50 jaar se betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse teater- en mediabedryf. Fourie was onder andere betrokke by KRUIK en TRUK en word later die eerste Uitvoerende Hoof van die KKNK. In 2003 word hy bekroon met die Hertzogprys vir sy drama oeuvre en in 2010 word hy by die KKNK vereer met die Afrikaans Onbeperk-prys vir sy lewensbydrae tot toneel en teater. In 2011 ken die Universiteit van die Vrystaat ’n eredoktorsgraad in drama aan hom toe.

Alhoewel van Fourie se gedigte reeds gedurende sy studentejare in tydskrifte soos Standpunte, Sestiger en Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer is, debuteer hy eers in 2017 op 77-jarige ouderdom met Knapsekêrels. Sy debuut word spoedig opgevolg deur sy tweede en derde bundel, Bidsnoer (2018) en Stof en ster (2019). Sy kwantumsprong van dramaturg tot digter is getrou aan die aard van Fourie se hele loopbaan.


 

kaap toe

 

leeftyd al werk ek

vir patat

soutsnoek en brood

 

jy baar

maak kinders groot

 

kaap toe

kaap toe

dit moet ons nog doen

 

nie hoorsê nie

ons eie

oumeidsoen

 


 

tafelberg

 

oupa

sit jou slaapmus op

of ouma

draai asynlap om haar kop

 

dalk ma

kraakskoon

op tafeldoeke

of selfs pa

soutwater vir swelvoete.

my arme ou ta

vrat na vrat

vreet aan jou tone

die moderne stad

 

tog

 

dit pla jou mooi bokkerol

dagin daguit gooi jy

jou skitterblink klimtol!

 

[Uit: Knapsekêrels, Pieter Fourie. Naledi, 2017]

 


 

smiddae sit willem stoepsluimer
knip ’n uiltjie en wag die skemer in
die leë bed laat hom snags koud
sy liewe bet was net dertig jaar oud

vannag kyk hy sterre en mymer

triljoene korrels kalkskerfiegruis
sleep breed ’n wit uitspansel oop
hang dynswit ’n spikkelwindseil
wat deur alle eeue die dag in loop

 

(Uit: Stof en ster. Pieter Fourie. Naledi, 2019)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek
  • Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik
  • Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje
  • Digtersprofiel: Mari Grobler

Nuutste kommentaar

  1. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  2. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d