Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Pieter Fourie

Pieter Johannes Fourie (3 April 1940 – 12 September 2021) is een van die mees bekroonde en bekende dramaturge in Afrikaans. Benewens skrywer is hy ook ’n ervare akteur, regisseur en toneelorganiseerder. Hy is op Philippolis in die Vrystaat gebore en verhuis later saam met sy ouers na Luckhoff in die Vrystaat, waar hy grootword en skoolgaan.
Fourie studeer aanvanklik drama aan die Universiteit van Stellenbosch, maar skakel oor na letterkunde en verwerf sy B.A.- en Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands.

Fourie word gevier as een van die veelsydigste en mees gesoute teatermakers in Afrikaans wat spog met meer as 50 jaar se betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse teater- en mediabedryf. Fourie was onder andere betrokke by KRUIK en TRUK en word later die eerste Uitvoerende Hoof van die KKNK. In 2003 word hy bekroon met die Hertzogprys vir sy drama oeuvre en in 2010 word hy by die KKNK vereer met die Afrikaans Onbeperk-prys vir sy lewensbydrae tot toneel en teater. In 2011 ken die Universiteit van die Vrystaat ’n eredoktorsgraad in drama aan hom toe.

Alhoewel van Fourie se gedigte reeds gedurende sy studentejare in tydskrifte soos Standpunte, Sestiger en Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer is, debuteer hy eers in 2017 op 77-jarige ouderdom met Knapsekêrels. Sy debuut word spoedig opgevolg deur sy tweede en derde bundel, Bidsnoer (2018) en Stof en ster (2019). Sy kwantumsprong van dramaturg tot digter is getrou aan die aard van Fourie se hele loopbaan.


 

kaap toe

 

leeftyd al werk ek

vir patat

soutsnoek en brood

 

jy baar

maak kinders groot

 

kaap toe

kaap toe

dit moet ons nog doen

 

nie hoorsê nie

ons eie

oumeidsoen

 


 

tafelberg

 

oupa

sit jou slaapmus op

of ouma

draai asynlap om haar kop

 

dalk ma

kraakskoon

op tafeldoeke

of selfs pa

soutwater vir swelvoete.

my arme ou ta

vrat na vrat

vreet aan jou tone

die moderne stad

 

tog

 

dit pla jou mooi bokkerol

dagin daguit gooi jy

jou skitterblink klimtol!

 

[Uit: Knapsekêrels, Pieter Fourie. Naledi, 2017]

 


 

smiddae sit willem stoepsluimer
knip ’n uiltjie en wag die skemer in
die leë bed laat hom snags koud
sy liewe bet was net dertig jaar oud

vannag kyk hy sterre en mymer

triljoene korrels kalkskerfiegruis
sleep breed ’n wit uitspansel oop
hang dynswit ’n spikkelwindseil
wat deur alle eeue die dag in loop

 

(Uit: Stof en ster. Pieter Fourie. Naledi, 2019)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d