Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Rina Cascione

Rina Cascione is in 1933 op die dorpie Middelpos in Calvinia-distrik gebore. Cascione het haar professionele loopbaan aan die kunste gewy. Sy het musiek op Stellebosch studeer, met ’n verdere drie jaar oorsee, in Strasbourg en Genève. Sy het ’n BA graad met onder andere Kunsgeskiedenis, Frans en Duits by Unisa behaal.

Met haar terugkeer het sy klavier en Musiekgeskiedenis aan die Musiekdepartement van die Technikon Pretoria (die huidige TUT) doseer en landswyd as musiekeksaminator vir Unisa opgetree. Sy het ook op die keuringspaneel van UNISA se Internasionale Musiekkompetisies gedien. Artikels wat sy oor musiek geskryf het, is in Unisa se tydskrif Musicus opgeneem.

Ná ’n lang loopbaan in musiek, is sy haar debuutbundel in 2021 met Meer as Woorde (Naledi) uitgegee. Hierdie bundel bevat ook vertalings van gedigte uit Italiaans, Engels en Spaans. Cascione se derde taal is Italiaans en saam met haar oorlede man het sy lang tye in Italië deurgebring. Daar het sy met die Italiaanse digkuns vertroud geraak.

Johan Myburg het in sy resensie van Meer as woorde onder meer gesê:

“Cascione dig met ’n helder stem waarin sy die gestalte van taal deel maak van betekenis. Mens sou hier kon verwys na die vernuftige “Haelstorm” en “Terugkeer”. Wat uitstaan, is dat Cascione haar deurleefde ervaring en verwysingsveld met fyn aanvoeling verwoord.”

In 2022 verskyn Kliniek van Verlatenheid (Naledi), ’n vertaling uit Italiaans van die digter Alda Merini se laaste digbundel Clinica dell’abbondo. Merini het onder andere die Guggenheimprys ontvang en is twee keer vir die Nobelprys vir Letterkunde aanbeveel, onderskeidelik deur die Franse Akademie en die Italiaanse PEN.

Kliniek van verlatenheid is deur beide Joan Hambidge en Charl-Pierre Naudé geresenseer. Hambidge het die bundel op 20 Desember 2022 in die radioprogram Boeke en skrywers bespreek. Sy het die vertaling as “’n belangrike deur wat oopgemaak is vir Afrikaans” en as ’n “pragbundel” beskryf.

Cascione woon in Pretoria en stel ook intens belang in geskiedenis.


 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d