Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Rina Cascione

Rina Cascione is in 1933 op die dorpie Middelpos in Calvinia-distrik gebore. Cascione het haar professionele loopbaan aan die kunste gewy. Sy het musiek op Stellebosch studeer, met ’n verdere drie jaar oorsee, in Strasbourg en Genève. Sy het ’n BA graad met onder andere Kunsgeskiedenis, Frans en Duits by Unisa behaal.

Met haar terugkeer het sy klavier en Musiekgeskiedenis aan die Musiekdepartement van die Technikon Pretoria (die huidige TUT) doseer en landswyd as musiekeksaminator vir Unisa opgetree. Sy het ook op die keuringspaneel van UNISA se Internasionale Musiekkompetisies gedien. Artikels wat sy oor musiek geskryf het, is in Unisa se tydskrif Musicus opgeneem.

Ná ’n lang loopbaan in musiek, is sy haar debuutbundel in 2021 met Meer as Woorde (Naledi) uitgegee. Hierdie bundel bevat ook vertalings van gedigte uit Italiaans, Engels en Spaans. Cascione se derde taal is Italiaans en saam met haar oorlede man het sy lang tye in Italië deurgebring. Daar het sy met die Italiaanse digkuns vertroud geraak.

Johan Myburg het in sy resensie van Meer as woorde onder meer gesê:

“Cascione dig met ’n helder stem waarin sy die gestalte van taal deel maak van betekenis. Mens sou hier kon verwys na die vernuftige “Haelstorm” en “Terugkeer”. Wat uitstaan, is dat Cascione haar deurleefde ervaring en verwysingsveld met fyn aanvoeling verwoord.”

In 2022 verskyn Kliniek van Verlatenheid (Naledi), ’n vertaling uit Italiaans van die digter Alda Merini se laaste digbundel Clinica dell’abbondo. Merini het onder andere die Guggenheimprys ontvang en is twee keer vir die Nobelprys vir Letterkunde aanbeveel, onderskeidelik deur die Franse Akademie en die Italiaanse PEN.

Kliniek van verlatenheid is deur beide Joan Hambidge en Charl-Pierre Naudé geresenseer. Hambidge het die bundel op 20 Desember 2022 in die radioprogram Boeke en skrywers bespreek. Sy het die vertaling as “’n belangrike deur wat oopgemaak is vir Afrikaans” en as ’n “pragbundel” beskryf.

Cascione woon in Pretoria en stel ook intens belang in geskiedenis.


 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt
  • Digtersprofiel: Gerhard Barkhuizen
  • Hennie Maartens. geboorteplek
  • Uitnodiging: Imprimatur

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d