Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Veronique Jephtas

Veronique Jephtas

Veronique Jephtas is ‘n 24-jarige skrywer, aktivis, digter, protespoësiekunstenaar, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in Drama en Teaterstudies in 2019 by Universiteit Stellenbosch voltooi, waar sy in kreatiewe skryf spesialiseer het. Veronique was in 2018 by Teksmark met Hoe change hulle o.l.v Lee-Ann van Rooi en in 2019 met My Kroon Se Krank, o.l.v Quanita Adams.

Sy het haar debuut as dramaturg by Woordfees 2020 gemaak met die teks, Hoe change hulle met Marlo Minnaar, o.l.v Lee-ann van Rooi. Sy was ook te sien in die Fiësta bekroonde produksie, Jakkals en Wolf Onbeperk, deur Malan Steyn, en regie deur Amelda Brand.

Veronique is een van die ses skrywers wat gekies is vir die Jakes Gerwel en PEN Afrikaans skrywersresidensie in Julie 2020. Veronique se debuut digbundel, Soe rond ommie bos, is in Februarie 2021 gepubliseer deur Protea Boekhuis. Sy is ook in 2021 benoem vir ’n Fiësta toekenning vir haar teks Hoe change hulle in die kategorie vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, vertaling en verwerking.

Veronique skryf al vandat sy kan onthou: “Gedigte en digkuns was altyd deel van my. Ek dig omdat dit vir my ‘n incredible healing experience is. Dit het die vermoë om emosie in een oomblik verewig vas te vang. Enigiets inspireer my, maar ek is stout om te skryf en te skel oor pyn en onreg.”

 

Femicide

ek sit innie bib

headline ná headline lees ek hoe nog ’n liggaam gevind is

my trane sit in my oë

ek chat met my chommie matteo

ek kannie hylie

wan my first draft vi my honours moet in

en my supervisor gannie nou omgie oo my gevoelensie

die department gannie omgie oo hoe gebriekie nation issie

wan in show business lee ôs van kleintyd af

the show must go on

die show se poes

 

*

 

welkom in suid-afrika

hieso is tien tips oo hoe om te survive:

  1. moenie vi jou jas hou nie
  2. stem ANC
  3. gloe kee op keerie leuens wattie government praat
  4. vattie kospakkies en DA t-shirts
  5. laat Hugo die polisie bel
  6. moenie rape reportie
  7. moenie pakkies byrie poskantoo optellie
  8. as jy ’n meisie vewag, abort
  9. laatie EFF ietsie tweet

 

*

 

die man wattie koeie melk

die man wattie koeie melk
hy maakie balies vol
die balies loep dan oo
tot binnerie poskantoo
meisie, meisie,
roe jou stertjie
op en af
op en af
op
af

skip tou
gebind in bowline
hanne
en bene vas
kô ôs vind yt
wierie vyand was

soe rond ommie bos
my tong skiet los
ek praat ytie mond vanne meid mette warme bôs
ek praat ytie oegpunt vanne maid yt Stellenbos

hie wil ekkie bly nie
wan hie is niks vi my nie

wie issie man wattie koeie melk?
sy balies loep dan oo
tot binnerie poskantoo

meisie, meisie,
roe jou stertjie
op en af
op
af

 

© Veronique Jephtas / 2021

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
  • Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway
  • 100 Duitse Bestes: Hermann Hesse (1877-1962)
  • Nini Bennett-Moll. Die veelkantige oeuvre van Marlise Joubert
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  2. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  3. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  4. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  5. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d