Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Willem Fransman

Willem Fransman

Willem Fransman Jr is, soos so baie van sy kreatiewe tydgenote in Worcester, Wes-Kaap in 1957 gebore. Alhoewel hy op ‘n plaas in die Brandwacht-distrik gebore is, verlaat sy ouers die landelike lewe om ‘vir hul kinders ‘n toekoms in die Kaap te loop soek’. Na ‘n aanvanklike rondvallery, land die gesin in Tiervlei (vandag Ravensmead).

Reeds op skool word die liefde vir die taal en taalverwante aktiwiteite deur sy opvoeders en ouers aangewakker. Alhoewel hy hom later as natuurwetenskaplike kwalifiseer, is dit letterkunde wat sy voorliefde word. Dis sy ‘passie van die nag’ wat maak dat hy bekendheid as kreatiewe skrywer verwerf. Hy skryf in feitlik alle genres van Afrikaans. Hy is ‘n bekroonde dramaturg met meer as agt radiodramas, etlike gepubliseerde kortverhale, gedigte en selfs etlike opdrag verhoogdramas het al uit sy pen gevloei.

In 1997 is hy die eerste wenner van die RSG/Sanlam radiodrama-kompetisie met Om te bedel is ’n kuns. Ander opdrag-radiodramas is Die belofte in ’n skilpaddop (die verhaal van Sarah Baartman in die vreemde) en Martelaar van Calvinia (verhaal van die bruin versetleier, Abraham Esau, gedurende die Anglo-Boereoorlog.)

Die volgende dramas uit sy pen is al by kunstefeeste opgevoer: Om te bedel is ’n kuns (1999), Die mense van Langesaan (2000), Leipoldt soos nog nooit vantevore (2004-opdragwerk), Ma se melk (2005) en Paljas van Dirk Ligter (2006-opdragwerk).

Daarby is hy ook ‘n bruikbare storieveteller, voordragkunstenaar (performance poet) akteur en regisseur.  Voeg daarby sy Westelike Provinsie erekleure in atletiek, en dis duidelik dat Fransman ‘n holistiese lewe prbeer lei.

Hy en ‘n ontslape vriend, Zavey Goliath inisieer in 1998 ‘n projek, “Digter/skrywer in die klaskamer” wat gesien kan word as die voorloper van die huidige Woorde-Open-Wêrelde-projek van die Universiteit van Stellenbosch.

Tans is hy ‘n vryskut joernalis vir Son op Sondag en Netwerk24 as rubriekskrywer.

Vir sy gemeenskapsbetrokkenheid en die ontwikkeling van kreatiewe skryfwerk, beloon die Wes-Kaapse regering in 2003 hom met ‘n Wes-Kaapse Eerbewys en in 2009 ken die Ministerie van Kultuursake en Sport van die Wes-Kaap aan hom ‘n toekenning vir die bevordering van letterkunde aan die agtergeblewe gemeenskappe van die Wes-Kaapland.

Luister na ‘n video-greep van ‘n voorlesing tydens Versindaba 2007.

 

Virrie taal, innie taal

 

Ou pellie,

djy dink die taal gat ve’dwyn,

extinct raak ampe soes’ie dinosour,

soelat ôse kinnes se kinnes se laaitjies

ééndag ’n anne taal sil praat!

Am I right?

Issit soes djy argue?

Nei, ou pellie,

kô lat ôs ôse kant bring:

Maak ’n plackard,

staan oppie street corner … en

shout:

Shout

virrie govermint.

Shout

virrie teachers.

Shout

virrie press.

Shout

vi allie poets en writers wat

net soe wil sit en moan.

Shout

soema virrie wife’ie

offie girlfriend oek,

while you’re at it!

En as djy klaa geshout het …

loep sit dan op djou gat, pellie,

en skryf ’n poem

virrie taal,

innie taal …

Dja, skryf ’it ôse township Afrikaans,

asseblief, pellie.

 

Uit: Versindaba 2007, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d