Posts Tagged ‘Anzé Bezuidenhout kwatryn’

Kwatrynkompetisie (81)

Thursday, April 1st, 2021

 

Die Boland huil

 

die wingerde kantel in herfskleure

bye brom agter verdwene geure

gedwonge kluisenaarskap dwing mens na

gemaskerde soet in wegkruipskeure

 

© Anzé Bezuidenhout, 2021

 

 

Kwatrynkompetisie (69)

Sunday, March 28th, 2021

 

pandemie, massahisterie skree luid;

van noord, oos, wes en ook verder as suid

drink ons nou die gepreserveerde druif

sommer direk uit die wynbottel uit

 

© Anzé Bezuidenhout, 2021