Gisela Ullyatt. ‘Let evening come’: ’n Huldeblyk aan Jane Kenyon (1947-1995).
Wednesday, January 28th, 2015Die Amerikaanse digter, Jane Kenyon, is nie alombekend aan poësielesers in Suid-Afrika nie. Met reeds die eerste lees aan haar oeuvre, het haar gedigte se direktheid my onmiddellik opgeval: persoonlike pyn wat nooit in selfbejammering of ’n narcistiese geween ontaard nie. Haar gebruik van die objective correlative is opmerklik en word nie net met volgehoue poëtiese dissipline aangewend nie; dit laat die leser ook op verrassende maniere na die wêreld kyk. The boat of quiet hours (1986), Let Evening Come (1990) en die postume bundel, Otherwise (1996) is van haar beste digbundels. Constance (1993) karteer hoofsaaklik die ervaring van ander se siekte asook haar eie depressie. Verder was sy ’n gerekende vertaler van die Russiese digter, Anna Akhmatova. Kenyon se oeuvre word egter kortgeknip deur haar voortydige dood.
Jane Kenyon word gebore op 23 Mei 1947 in Ann Arbor, Michigan, waar sy haar grootwordjare deurbring. Vanweë haar ouma se allesoorheersende hellfire-and-brimstone geloof, neem sy van jongs-af die besluit om nie in tradisionele geloof verstrik te raak nie. Haar ouma het dikwels die jong Jane banggepraat met terme soos ‘The Holy Ghost’ en het haar gedreig met die ewige vagevuur; sy het ’n satan agter elke bos uitgeskop. Dit het moontlik ’n groot rol gespeel in Jane se teruggetrokkenheid. Jare later skryf Kenyon in “Staying at Grandma’s” (2005:175) só oor haar ouma:
“You know,” she’d say, turning
her straight and handsome back to me,
“that the body is the temple
of the Holy Ghost.”
The Holy Ghost, the oh, oh … the uh
oh, I thought, studying the toe of my new shoe,
and glad she wasn’t looking at me.
Soon I’d be back in school. No more mornings
at Grandma’s side while she swept the walk
or shook the dust mop by the neck.
If she loved me why did she say that
two women would be grinding at the mill,
that God would come out of the clouds
when they were at least expecting him,
choose one to be with him in heaven
and leave the other one alone?
Terselfdertyd ontdek die jeugdige Jane ’n dik streep rebellie teen die skoolsisteem en kerk wat sy in ’n essay genaamd “A Gardener of the True Vine” (Timmerman:9) beskryf. Vir die res van haar lewe bly sy ’n rebel en ’n “questioner of things”:
I had put my gold and blue Methodist Youth Fellowship PIN in the bottom of my jewelry box, where I would never see it. Nature and beauty would be my god, and I would be a good person without benefit of the sacraments, just by trying.
Ten spyte hiervan begin sy haar universiteitsloopbaan by die Universiteit van Michigan in 1965 met lae selfwaarde en angstigheid wat bydra dat sy na haar eerste jaar haar studie staak en by ’n geskenkwinkel begin werk. Gedurende hierdie tyd ontdek sy haar sangtalent en toer ’n jaar later, wanneer sy weer by dieselfde universiteit inskryf, na Europa saam met die Michigan Chorale. In 1969 besluit sy om in te skryf vir die digter Donald Hall se gewilde kursus, “Introduction to Poetry for Non-English Majors” (sy neem Frans as hoofvak). Wat as ’n vriendskap tussen haar en Hall ontstaan, ontwikkel drie jaar later tot ’n romanse wat uiteindelik tot ’n huwelik in 1972 lei.
Dit was egter problematies vir Kenyon aan die begin van hulle huwelik, nie omdat daar disharmonie tussen hulle was nie, maar eerder ’n gevoel van verwarring van identiteit: Hall was byna twintig jaar ouer as Jane en ’n reeds gevestigde en gevierde digter asook die professor wat haar gedigte krities bestudeer en help vorm het. Eers nadat hulle na New Hampshire trek om op Hall se familieplaas, Eagle Pond Farm (dit was reeds vir die geslagte in die familie), te woon in 1975, verander hierdie tentatiewe verhouding in terme van skryf tot ’n volwaardige verhouding tussen digters van dieselfde status. Dit is hier waar sy haar persoonlike geloof in God herontdek en talle gedigte, soos die roerende, “Woman, why are you weeping?” skryf.
Gedurende hierdie jare word Kenyon formeel met depressie gediagnoseer, op die relatief laat ouderdom van 38. ’n Diagnose van Bipolêr 2 word gemaak, wat beteken dat sy nie aan die meer ernstige Bipolêr 1 ly nie. Kenyon ervaar egter meestal depressiewe episodes (unipolêr) en kan meeste van haar hipomaniese episodes nie onthou nie. Ten spyte van haar depressiewe episodes, bly Kenyon uiters produktief en werk elke dag vir ure aaneen aan haar gedigte waaraan sy intensief skaaf: veral ten opsigte van beeld en vorm.
Constance (1993) is ’n bundel wat die tema van siekte en gemoedsversteuring deurgaans eksploreer, veral ten opsigte van geliefdes wat Jane in die voorafgaande tydperk aan die dood afgestaan het (sy was haar vader se primêre versorger voor dié aan kanker oorlede is). Ook skryf sy oor Donald se stryd met kanker; ’n deel van sy lewer moes verwyder word. Hy oorleef egter en word vier vanjaar sy 87ste verjaardag. ’n Uitmuntende reeks gedigte oor Kenyon se stryd teen depressie is “Having it out with melancholy” waarvan die motto uit Tsjechof se Kersieboord geleen is: “If many remedies are prescribed for an illness, you may be certain that the illness has no cure”. Deel 2, 3 en 9 is veral roerend en beskryf die siekte op ’n treffende wyse (2005: 232, 235):
2 Bottles
Elavil, Ludiomil, Doxepin,
Norpramin, Prozac, Lithium, Xanax,
Wellbutrin, Parnate, Nardil, Zoloft.
The coated ones smell sweet or have
no smell; the powdery ones smell
like the chemistry lab. At school
that made me hold my breath.
3 Suggestion from a Friend
You wouldn’t be so depressed
if you really believed in God.
9 Wood Thrush
High on Nardil and June light
I wake at four,
waiting greedily for the first
notes of the wood thrush. Easeful air
presses through the screen
with the wild, complex song
of the bird, and I am overcome
by ordinary contentment.
What hurt me so terribly
all my life until this moment?
How I love the small, swiftly
beating heart of the bird
singing in the great maples;
its bright, unequivocal eye.
Hierdie “bright, unequivocal eye” vind sy veral in die poësie van John Keats en Anna Akhmatova: portrette van hierdie twee digters hang in haar studeerkamer in Eagle Pond Farm. Haar liefde vir Akhmatova se gedigte spruit uit haar intense identifikasie met hierdie digter (wie ’n tydgenoot van Osip Mandelstam was) se lewe: alhoewel albei se lewensverhale baie van mekaar verskil, vind Kenyon die volgende raakpunte: “At a crucial stage in Kenyon’s maturation as a poet, one observes these pertinent relationships with Akhmatova: an allied sense of poetic principles, a kinship of personality, and a shared spiritual faith” (Timmerman 2002:107).
Die volgende strofe dien as voorbeeld van Kenyon se intensiewe en passievolle arbeid aan Akhmatova se gedigte en hoe uitstekend dit teen ander digters se vertalings gevaar het: Die eerste voorbeeld is Kenyon s’n, die tweede dié van Stanley Kunitz en die derde, Richard McKane se weergawe (“The memory of Sun, Evening, 1912):
The memory of sun weakens in my heart,
grass turns yellow,
wind blows the early flakes of snow
lightly, lightly.
*
Heart’s memory of sun grows fainter,
sallow is the grass;
a few flakes toss in the wind
scarcely, scarcely.
*
The memory of sun weakens in the heart,
the grass is more yellow,
the wind flutters the early snow-flakes
gently, gently.
Veral opmerklik hier is dat Kenyon ’n poëtiese ‘ek’ in die gedig gebruik, in teenstelling met die meer onpersoonlike, afstandelike vertalings. Die vyf jaar wat Kenyon afstaan aan die vertaling van Akhmatova se gedigte verdiep ook die skryfproses van haar eie digkuns geweldig baie.
Kenyon se reis in 1992 na Indië verander haar uitkyk oor die lewe op ’n dramatiese wyse en begin sy weereens twyfel oor haar Christelike geloof: sy kon nie vrede maak met die ontsettende lyding wat op dié sub-kontinent plaasvind nie. Daar was veral ’n gebeurtenis waaroor sy nooit afsluiting kon vind nie en waaroor sy dikwels geskryf het in briewe aan vriende: Terwyl sy en haar Indiese gids, Rajiv, op die Ganges vaar, merk sy ’n dooie baba op (Timmerman 2002:45):
Among the sticks and junk I saw the body of a newborn, lapping against the shore. I. Looked away. That is a chicken, not a baby, I said to myself. Looked again. Baby, legs still not uncurled from the womb […]
Só skryf sy uiteindelik poëties oor hierdie ervaring in “Woman, why are you weeping?” (2005:295-296):
[…]
Rajiv did not weep. He did not cover
his face with his hands when we rowed past.
the dead body of a newborn nudging the grassy
banks at Benares – close by a snake
rearing up, and a cast-off garland of flowers.
He explained. When a family are too poor
to cremate their dead, they bring the body
here, and slip it into the waters of the Ganges
and Yamuna rivers.
Perhaps the child was dead
at birth; perhaps it had the misfortune
to be born a girl. The mother may have walked
two days with her baby’s body to this place
where Ghandi’s ashes once struck the waves
with a sound like gravel being scuffed
over the edge of a bridge.
“What shall we do about this?” I asked
my God, WHO even then was leaving me. The reply
was scorching wind, lapping of water. Pull
of the black oarsmen on the oars …
Op 31 Januarie 1993 ontvang Kenyon die nuus van persoonlike tragedie: sy word met leukemie gediagnoseer. Vir vyftien maande trotseer sy verskeie uitmergelende mediese behandelings wat Hall, haar man, in ’n 1995-essay beskryf (Timmerman 2002:226):
For more than a year, she endured spasms of chemotherapy, a pneumonia that leukemics get, shingles, delirium, loss of remission and its brief restoration, total body irradiation, a bone-marrow transplant, and ‘graft versus host’ disease of the stomach. Side effects included neuropathies in hands and feet, mouth agony from the radiation, loss of mentation, a brief psychotic episode, loss of control in her fingers, fatigue, bone pain and constant nausea.
During all this time I remained at her side, and most days I worked on poems.
Ten spyte van Kenyon se intense lyding, werk sy en Hall byna koorsagtig aan haar laaste gedigte, wat later postuum gepubliseer word as Otherwise (1996). Sy sterf op 22 April 1995.
“Let Evening Come” (1990) is ’n gedig wat onder andere Kenyon se lewe op die familieplaas en haar intense liefde vir die natuur opsom asook haar opmerksaamheid teenoor haar omgewing. Vir Kenyon, “poetry matters” en het sy getrou gebly aan haar roeping as digter en intense liefhebber van poësie. Ten spyte van die donker periodes in haar lewe, was poësie altyd haar reddingsboei, haar raison d’être.
Let Evening Come
Let the light of late afternoon
shine through chinks in the barn, moving
up the bales as the sun moves down.
Let the cricket take up chafing
as a woman takes up her needles
and her yarn. Let evening come.
Let dew collect on the hoe abandoned
in long grass. Let the stars appear
and the moon disclose her silver horn.
Let the fox go back to its sandy den.
Let the wind die down. Let the shed
go black inside. Let evening come.
To the bottle in the ditch, to the scoop
in the oats, to air in the lung
let evening come.
Let it come, as it will, and don’t
be afraid. God does not leave us
comfortless, so let evening come.
’n Uitstekende dokumentêr oor Jane Kenyon en Donald Hall word in 1993 gemaak waarin die bekende Bill Moyers ’n onderhoud met hulle voer. Ook is daar uittreksels waar Kenyon en Hall uit hulle gedigte by Eagle Pond Farm en aan gehore voorlees. Die skakel is vimeo.com/33656887. (Die titel is ’n “A Bill Moyers Journal: A life together”)
Bibliografie
Kenyon, J. 2005. Jane Kenyon. Collected Poems. Minneapolis: Graywolf Press
Timmerman, J.H. 2002. Jane Kenyon. A Literary Life. Michigan: Wm. B. Eerdmans Publishing Co.