Hospitaalvenster gesigseinder, son oop lakenreghoek omraam geaarde liggaam © Riaan le Roux, 2023
Tag: Riaan le Roux gedig
Riaan le Roux. Noodhulp
Noodhulp woonplekfoutlyne en hande wat loodswaar smart verlig bestaan saam © Riaan le Roux, 2023
Riaan le Roux. Wye medisyne
Wye medisyne glasvaas by siekbed: bloeisels, oopgegaan: wye salwing van stilte © Riaan le Roux, 2023
Riaan le Roux. Opereer
Opereer oopvlekinstrumente oweral ontsmet, noodspan vertroud met fyn net telkens in sig onder alomlig: wyk van die einde © Riaan le Roux, 2023
(27) Riaan le Roux. Swaar bomme, soet waatlemoene
Swaar bomme, soet waatlemoene vrede ondermaans vra vir nog ‘n geboorte geheel nuwe aard © Riaan le Roux, Desember 2022
