Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 March 2016

Andries Bezuidenhout. Om Velddrif te verf

20160328_184354
20160330_143325
20160330_143529
20160330_143616
20160330_143824
20160330_144619
20160330_145118
20160330_150637
20160330_150719
20160330_151144
20160330_151323

Velddrif sit by die mond van die Bergrivier. ʼn Plaaslike boer, ene Theunis Smit, het sy veë hier deur die rivier gejaag om aan die oorkant te gaan wei, van daar die naam Velddrif. Later was daar ʼn pont om die rivier oor te steek. Deesdae ry jy oor ʼn brug as jy van die Kaap se kant af kom, ʼn soutmyn op links wat Walvisbaai se flaminke oproep, ʼn hotel met ʼn stoep wat op die rivier uitkyk op regs as jy by die dorp aankom.

Volgens Wikipedia is hier plante soos Euclea racemosa (Kersbos), Babiana ringens (Rotstert), Willdenowia incurvata (Sonkwas Riet), Limonium (Strandroos) en Leucospermum rodolentum (Sandveld Luisebos). Dis die tipe name wat Johann Lodewyk Marais met groot vrug in gedigte sou kon gebruik, maar ek is seker hy sou eers die inligting en spelling kontroleer – dis immers Wikipedia.

Verder met die pad aan is Dwarskersbos. Dit was nog altyd een van my drome om ʼn plek met so ʼn mooi naam kan sien, maar helaas, dit moes eerder Klinkersteenbos gewees het. As sekere voorstede van Sasolburg by die see was, sou dit dalk só gelyk het. Aan die ander kant, daar is iets bekoorliks aan die omgewing se dienlike estetika. Dis soos die ying-yang kombinasie van Swakopmund en Walvisbaai. Swakopmund met Duitse koffiewinkels en koloniale Jungendstil geboue en Walvisbaai met hawehyskrane en visfabrieke. Hier is dit Saldanha se staalfabrieke wat die pretensie van ʼn plek soos Paternoster uitbalanseer.

Die mooiste deel van Velddrif is tegnies nie in Velddrif self nie, maar ʼn plek met die pad af genaamd Laaiplek. Ek vind dit ʼn toepaslike naam vir ʼn hawe. Dit sê net wat dit is. Laaiplek is op die punt van ʼn natuurlike skiereiland. Aand die een kant van die hawenedersetting, in die riviermond, is vasmeerplek vir skepe en aan die ander kant is die see. In die nywerheidsgeboue rondom die hawe is visfabrieke, ʼn paar onaanstellerige eetplekke, ʼn motorwerktuigkundige en ʼn hotel.

By die parkeerterrein langs die see is twee geroesde karre geparkeer. In die een kar is ʼn bejaarde man en vrou. In die bakkie langsaan sit ʼn man met ʼn mus. Hulle kuier met die venster oop. Hulle steek nie hulle lag weg as hulle kyk hoe ek foto’s van die asblikke en doringdraad neem nie.

OM VELDDRIF TE SKILDER

Laai kattebak met gespande doek,
esel, kwasse, buisies, terpentyn.
Rasper die pleknaam korrek uit.
Vjelledgif. Pak uit, verken
per motor, te voet.
Teerpad, grondpad, dorpstraat.
Soek jou landskaptoneel.
Soutpan met vulstasie en flamink.
Marina met palmboom en seiljag.
Hotelstoep met brug en rivierloop.
Bolangs kuif miswolke landwaarts
en plek-plek soekligson.
Kies perspektief.
Voorgrond, aartappelland.
Middelgrond, bloekoms, koringstoppels.
Horison, steeds bloekoms.
Kleur.
Liggrou, donkergrou, geelgrys, blougrys.
Binne toevalsmeetsnoere is opsies beperk:
Skakerings grys, lewenslank vas
soos ʼn tyddeelkontrak
en die keuse van ʼn oord
binne Paasnaweek trefafstand
êrens, op ʼn plek soos dié
en eintlik die enigste rede
hoekom mens Velddrif sal skilder.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Om Velddrif te verf”

  1. Marthe McLoud says:
    31 March 2016 at 09:55

    ‘n Ander stranddorpie aan die Weskus wat ek baie bekoorlik vind, is Strandfontein wat verder noord van Velddrif le.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    30 March 2016 at 21:21

    Ek stem Leon. Een ontwikkeling adverteer op ‘n kennisgewingbord dat daar geen bouregulasies is nie. Ek neem aan hulle bedoel voorskrifte vir argitektoniese standaarde. Elders is daar egter ontwikkelings waar iemand darem ‘n estetiese verbeelding toon. My hart is egter op Laaiplek. Ek soek ‘n aftreeplekkie naby ‘n ou fabriek wat ek as ateljee kan gebruik. Mens kan maar net droom.

    Reply
  3. Leon Retief says:
    30 March 2016 at 18:34

    Andries ek het nog altyd gewonder waarom op dees liewe aarde enigiemand ‘n huis in Dwarskersbos sou wou koop. Ek self sal bleddiewil betaal om NIE een daar te hê nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Margaret Cordier-Biermann. Soom
  • DJ Grobler. Grendel
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword
  • Joan Hambidge. Nogmaals Van Wyk Louw

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d