Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 20091 May 2012

Joan Hambidge. Ruth Padel

 

Ruth Padel: The poem and the journey And sixty poems to read along the way

Chatto & Windus, Londen Random House 2007

Flapteks

 

Stel jou voor iemand skryf oor die funksie van die digkuns en analiseer gedigte sodat almal dit kan verstaan en geniet? Camille Paglia se reeks onderhoudende essays Break, Blow, Burn (2005) beleef ‘n Britse pendant, naamlik Ruth Padel se The poem and the journey, ‘n wonderbaarlike reis deur die digkuns. Paglia lees 43 van die beste gedigte, terwyl Padel vir ons agtergronde skets oor die funksie van die digkuns en hoe gedigte werk in ons gemoed. Hoewel mense dalk nie bundels koop nie, praat gedigte deur ons. Hoeveel jongmans het nie al bely dat Antjie Krog se gedigte hul deur die weermag gedra het nie!

Vriend Johann de Lange het The poem and the journey vir my geskenk en Padel analiseer gunstelingdigters soos James Fenton en Craig Raine se gedigte. Hierdie teks vra om ‘n saamlees met haar 52 ways of looking at a poem, wat die leser uiteraard weer herinner aan Wallace Stevens se “Thirteen ways of looking at a blackbird”.

Dit was Auden wat gemeen het “For poetry makes nothing happen” – en dit word dikwels aangehaal sonder die belangrike nagedagte: “it survives / in the valley of its making” (“In memory of W. B. Yeats”). Walter Benjamin het ondert andere insig beskryf as die bliksemstraal en die teks / gedig as die donderslag wat agterna kom.

Die onlangse Versindaba bewys dat die digkuns haar ondersteuners het.

Padel stel die digkuns en reis gelyk. Beide is ‘n beweging, wat sowel tyd as opoffering vereis. Beide laat jou nadink oor ander dinge terwyl jy aan’t beweeg is, skryf sy. Beide kan ontstig en jou laat verwonder. Daar mag selfs vervelige oomblikke wees, maar by nabaat kan jy na sodanige oomblik as belangrik of grensverskuiwend ervaar.

Goeie verse is nooit oor-eksplisiet nie, omdat die leser op ‘n soort ontdekkingsreis moet gaan. En gewildheid is nie noodwendig ‘n goeie teken nie!

‘n Gedig stel ‘n verlies voor; selfs al dig jy oor ‘n boom is dit nie meer daardie boom nie, maar hoe jy die boom onthou in jou gemoed of herinnering.

Elke leser se leeseraring van ‘n gedig is persoonlik, net soos ‘n reis uiteindelik nie vir reisigers dieselfde betekenis of relevansie het nie.

Padel betrek vorme en tegnieke, maar sy skryf oop en eenvoudig hieroor. In hierdie verband is haar lesing van Paula Meehan se gedig oor ‘n kind se begrafnis openbarend, sonder om ooit die digter se lewe te betrek. Sy verwys na die mitologisering wat in die gedig plaasvind en hoe die leser eerder hierop moet fous. By Elizabeth Bishop aksentueer sy haar gewildheid en waar relevant haar stormagtige lewe met drankverslawing en siektes.

Sy leer ons om die gedig as uitgangspunt te neem en dit te verken soos wat ‘n mens ‘n nuwe ruimte probeer verstaan. Daar is veel te sê vir behendige close reading (stiplees) en wat ‘n leser behoort te sien en geniet in ‘n gedig.

Ruth Padel is self ‘n gerekende skrywer en digter en Tigers in Red Weather behandel haar verkennngs deur Asië.

‘n Gedig kan nie ons genees nie; nie die lees of skryf daarvan nie. ‘n Gedig kan wel ons ervaring van verlies of vreugde karteer of ons anders na die lewe laat kyk.

En daar is niks op aarde waarvoor die digter die digkuns sal versaak nie, het Celan geskryf.

Moderne gedigte word teen klassieke verse geplaas in hierdie studie. Sy gebruik die Odusseia en ander bekende reistekste in die letterkunde om die lewe en digkuns te lees.

Want lees, skryf Tsvetajeva, is ‘n medepligtigheid in die kreatiewe proses.

Ons gereelde rubriek in BY waar lesers in leketaal oor gedigte van hul keuse skryf, is ‘n kopknik aan sowel Paglia as Padel.

En Ottone M. Riccio se The intimate art of writing poety (1978).

 

Joan Hambidge

 

[Die artikel het oorspronklik in Die Burger verskyn]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Maandag, 18 Mei 2009 →

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d