Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 May 2009

Maandag, 18 Mei 2009

Derek Wallcott
Derek Wallcott

Hierdie maand is inderdaad ‘n historiese maand vir die Britse letterkunde. Pas is Carol Ann Duffy as eerste vrou in die 341-jaaroue pos van poet laureate aangewys, of Ruth Padel volg haar voorbeeld deur die eerste vrou te word om aangestel te word in die 300-jaaroue pos van Oxford Professor of Poetry. In die proses het sy Arvind Krishna Mehrotra, ‘n relatief onbekende Indiese digter, met 297 stemme teen 129 geklop. Dr Sally Mapstone, voorsitter van die Oxford-kieskollege het haar soos volg oor die aangeleentheid uitgelaat: “It is tremendous that May 2009 has seen the election of the first woman professor of poetry at Oxford and the first woman poet laureate. Ruth Padel will be a dynamic and distinguished professor, and we are very pleased to welcome her.” (Lees hier vir meer inligting.)

Nietemin, ons korrespondent in Cambridge berig dat die aanloop tot Saterdag se verkiesing van die nuwe Oxford Professor of Poetry deur uiterste onaangenaamheid voorafgegaan is. Die 1992 Nobelpryswenner, Derek Walcott, het naamlik sy nominasie teruggetrek weens ‘n smeerveldtog teen hom; ‘n stap wat Ruth Padel as die gunsteling gelaat het. Die basis van dié veldtog was aanklagte van seksuele teistering wat in ‘n dokument vervat en na sowat 200 akademici versprei is. Die twee klaers na wie verwys word, was onderskeidelik in 1984 en 1996 studente van Walcott. Walcott het sy onttrekking soos volg in ‘n verklaring gemotiveer: “While I was happy to be put forward for the post, it has degenerated into a low and degrading attempt at character assassination. I do not want to be part of it.”

Die vraag wat egter steeds onbeantwoord bly, is: Wie was die aanhitser van hierdie smeerveldtog? Volgens ons korrespondent word die vingers gewys na ene John Walsh, wat die eerste persoon was om oor dié aantygings in sy The Independent-rubriek te begin skryf. Blykbaar is Walsh ‘n vorige minnaar van Ruth Padel.

Hemel, en ons het gedink dat óns verwoestende binnegevegte het in ons beskeie letterkundetjie?! Gaan lees gerus The Guardian se berig by hierdie skakel. En – lees sommer ook Joan Hambidge se bespreking van Padel se pragboek The poem and the journey wat hier op die webblad onder Artikels & Lesings geplaas is.

Mag die derde week van ons webblad se bestaan ‘n inspirerende week vir almal wees …

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ruth Padel
Donderdag, 21 Mei 2009 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d