ʼn Brief oor Koos du Plessis op LitNet laat my op die internet rondsoek na plekke waarheen ʼn mens iemand sou kon verwys om inligting oor Gert Vlok Nel se lied “Waarom ek roep na jou vanaand” in die hande te kry. Ek kom toe op ʼn video af wat iemand op YouTube gelaai het – van ʼn weergawe met Gertjie in lewende lywe. Die lied is as ʼn afskeidsboodskap aan Koos du Plessis geskryf. Van die mooiste dele van die lied gaan oor Koos Prinsloo, na wie daar toevallig verwys word: “sonneblomme kom aaklig om…”