Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 June 2009

Woensdag, 17 Junie 2009

 

Peter Verhelst
Peter Verhelst

Met die Poeziecentrum stewig by sy Vrijdagmarkt-plein ingeburger, wil Gent hom baie graag vestig as die mees vername kultuursentrum in Vlaandere; veral vanweë die prominensie van Antwerp in dié verband. Dit wil egter voorkom asof hulle nogal lastige probleme hiermee ondervind. In ’n artikel op De Contrabas plaas die bekende akademikus Yves T’Sjoen sy vinger op ’n hele  paar teer plekke; so ook op die feit dat die immergewilde Miriam Van hee die stad se aanbod aan haar van stadsdigter van die hand gewys het. Nou is die pos vir Peter Verhelst aangebied en dit wil voorkom asof hy wel die aanbieding gaan aanvaar. Volgens Het Nieuwsblad het hy die volgende te sê gehad: “Ik wil geen gedichten schrijven, maar hoop verhalen uit de stad zelf te verzamelen. Die wil ik dan voorlezen voor kleinere groepen zoals senioren, een school, verenigingen.” Vorige stadsdigters van Gent was Roel Richelieu van Londersele en Erwin Mortier.


Terloops, die Ernst van Heerden-versameling by die Poeziecentrum in Gent spog met die grootste versameling Afrikaanse digbundels buite die grense van Suid-Afrika. Die aanvanklike skenking was uit die nalatenskap van Ernst van Heerden gemaak en dit word tans deur Protea Boekwinkel (Stellenbosch) in stand gehou met finansiering deur die Noordwes Universiteit (Potchefstroom) se Kanseliersfonds. Nog ’n interessante feit is dat dit juis Gerrit Komrij se ontdekking van hierdie versameling was, wat direk aanleiding gegee het tot sy bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte.

 

Mag hierdie dag jou sprakeloos laat van vreugde.

 

Mooi bly.

 

LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Johann Lodewyk Marais. Die Ernst van Heerden-versameling, Gent →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d