Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 June 200930 June 2009

Raakpunte met Albaniese digkuns

 

Luljeta Lleshanaku
Luljeta Lleshanaku

In die Januarie/Februarie-uitgawe van World Literature Today trek ’n onderhoud met die Albaniese digteres, Luljeta Lleshanaku, my aandag. Aangesien ek nog altyd van mening is dat daar sommer heelwat ooreenstemmende kenmerke tussen ons digkuns en die Oos-Europese digkunste bestaan, begin ek lees vir toepaslike stukkies kommentaar, en ja – na aan die einde van die onderhoud (wat met haar gevoer is deur Michele Frucht Levy) antwoord sy soos volg op ’n vraag na die huidige stand van Albaniese letterkunde: “The poets of my new generation are trying to find a path between the historic reality they come from and the universal reality, where they have arrived a bit late.” In welke mate verskil óns digkuns van vóór 1994 met dié wat nou bedryf word, wonder ek vir ’n oomblik. Is daar al ooit ’n studie hieromtrent gedoen? Ek meen, die omstandighede (en uitdagings) van tóé verskil tog radikaal van die omstandighede nou, is dit nie? Maar ek lees verder: “A normal reality is a challenge for all of us. In such a situation, the selection will promote only those who are strongly individual, from the aesthetic rather than the thematic perspective, something that can really delay the presence of our (new) voices in the world book market. Small cultures, and especially small languages like Albanian, need as special stamp, a sensational element, to declare themselves, to draw some attention … That’s the destiny of small countries and small languages, where the problem of translation makes it twice as difficult to find an outside outlet. In such conditions, sometimes the promotion of an Albanian writer in the West can arise from chance more than selection.” Laat ’n mens nogal dink aan die debat betreffende vertaling en die gepaardgaande keuse van digters wat vertaal word, wat onlangs nog op hierdie webwerf gevoer is, is dit nie?

 
Nietemin, World Literature Today bly steeds vir my een van die beste tydskrifte oor wêreldliteratuur wat tans beskikbaar is. Dié tweemaandelikse tydskrif staan onder die redakteurskap van David Draper Clark en word deur die Universiteit van Oklahoma uitgegee. Dit behoort beskikbaar te wees by die Protea Boekwinkels te Hatfield en Stellenbosch.
 
Hieronder volg ‘n vers van Luljeta Lleshanaku. 

 

Mooi bly. En onthou om vanaand om 22:00 op RSG te luister na Vers & klank wanneer Nina Swart van haar gunstelingverse gaan voorlees … Margot Luyt is die programleier.

 

LE

 

With you

I will sit in an alcove of your mouth
As on a stone near a waterfall
Certain that the maelstrom of words will not spirit me away.

I will crouch in the corner of your eye
Like a lily sprouting in the shallows near the shore
With petals tiny so as not to distract.

For after all, what am I?
A frozen wave in space
Wrested from the sea of your chest,
You stretch your hands towards me in vain.

[Me ty, from the volume Preludë poetike, Tirana: Naim Frashëri 1990, translated from the Albanian by Robert Elsie]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d