Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 July 2009

Massa media en verkope van digbundels

John Donne
John Donne

Swak verkope van digbundels is ‘n wêreldwye fenomeen. Nogtans wil dit voorkom asof die Britte ‘n manier gevind het om via televisie die verkope van digbundels ‘n stewige hupstoot te gee. So berig The Bookseller dat verkope tot en met 16 Aoril 0.3% laer was as in vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Sedert die begin van die BBC se Poetry Season verlede maand het die verkope egter drasties verbeter na spesifieke programme oor bepaalde gedigte en/of digters gebeeldsend is. Die volledige berig kan hier gelees word, maar enkele interessante statistieke wat ek wil uitlig, is die volgende: Paradise Lost (John Milton) se verkope het 300% verbeter en Sir Gawain and the Green Knight s’n 332%, wat gelykstaande is aan 583 kopieë. Almal weet hoe misleidend statistiek kan wees, maar wanneer in gedagte gehou word dat hierdie verkope oor ‘n ses weke-periode geskied het, is dit inderdaad iets enorm … Ander digters wie se verkope indrukwekkend verbeter het, is Sylvia Plath (92% verbeter, met meer as 5,000 kopieë verkoop!), Tennyson (81% op), Philip Larkin (80%), T S Eliot (222%) en John Donne (300% ). Selfs amptelike publikasies wat deur middel van borgskap op BBC se Kanaal 4 geadverteer is, se verkope het ten hemele geskied: My Life in Verse (Penguin) en Off By Heart (Scholastic) het reeds meer as 1,500 kopieë verkoop sedert publikasie vroeër vanjaar, terwyl The Nation’s Favourite Poems (wat reeds in 1996 deur die BBC uitgegee is), se verkope met 76% toegeneem het sedert die begin van die Poetry Season in Mei-maand.

Dit laat ‘n mens nogal onwillekeurig wonder hoe dit die verkope van ons eie digbundels mag beïnvloed indien ons al die verskillende media-inisiatiewe kon koördineer en dieselfde reklame-masjinerie agter die verskyning van ‘n digbundel kon mobiliseer as wat prosawerke ontvang … Gaan ons byvoorbeeld vir Breyten op 7de Laan te siene kry wanneer sy nuwe bundel in Augustus verskyn?

Ek wonder maar net.

Ten slotte – onthou om vanaand om 22:00 na Vers en klank op RSG te luister; Daniel Hugo lees dan ‘n keur uit Johann de Lange se Die algebra van nood voor.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d