Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 July 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Ons ouers se melankolie

Dis so koud in die woonstel dat ek in die bed sit en lees.

Ek lees verlede week weer Harry Kalmer se X-Ray Visagie en die vingers van God, asook Die man met die dertien kinders. Ek dink laasgenoemde bly Harry se beste boek. Dis ʼn storie met soveel menslikheid en diepte. Dit boul my van voor af om. Ek hou ook van die verwysings na die gedigte van Philip Larkin (“They fuck you up, your mum and dad./ They may not mean to, but they do./ They fill you with the faults they had/ And add some extra, just for you.”) en Michael Ondaatje. Ek lees nou al vir maande lank aan die gedigte in The Cinnamon Peeler.

Al verskil ek en Hennie van Coller oor die relatiewe gewig wat Karel Schoeman se romans in die letterkunde dra (sien eerskomende Sondag se Boeke-Rapport), weet ek darem dat ons albei Harry Kalmer se werk waardeer. (Ek weet nie wat my besiel het om my vingers aan die sleutelbord te waag oor sulke sake nie, maar nou ja. Die bylae vir volgende week is seker al uitgelê en wag om gedruk te word. Ek is voortvarend en die koeël is deur die pers.)

X-Ray waardeer ek met hierdie keer se lees op ʼn ander manier. Ek ken die omgewing waar die boek afspeel soveel beter as toe ek dit destyds gelees het – Burgersdorp en dele van Johannesburg. En dan is daar Baader-Meinhof, wat so ʼn belangrike verwysingspunt vir die storie is.

Hoekom is daar juis nou weer ʼn herondersoek na die rol van Andreas Baader en Ulrike Meinhof en die geslag na hulle? Ek dink aan die onlangse film daaroor. Dalk omdat baie van die repertoires van terreur tóé uitgevind is. Dalk omdat regerings steeds nie (wil) verstaan hoekom mense hul tot geweld wend nie.

Ek dink weer aan die punkband Koos se musiek uit die tyd wat die boek afspeel. En aan Marcel van Heerden se liriek “Die Suid-Afrikaanse herfs”, met sy verwysings na die Baader-Meinhof-hofsaak. Dis die 1980s. In Yeoville is daar ʼn hele scene met rebelse Afrikaners. Terwyl ek X-Ray lees, draai die liriek deur my kop: “Wie is hierdie kinders met die toekoms in hulle oë… Wat hul ouers se melankolie wil verlig in die Suid-Afrikaanse herfs…”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Verdeelde huis – vertaling
Brittanje se gunstelingdigters →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d