Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 August 200924 August 2009

Die pad vorentoe?

Die pad vorentoe?
Waarnatoe?

In navolging van die gesprek oor metropool en provinsie wat tans op Charl-Pierre Naudé se blog gevoer word, lees ek die volgende stuk deur ene Paul Stubbs raak wat hier geplaas is. In sy aanhef vra hy die vraag: “When does poetry begin to capitulate? Turn back in on itself? When it fails to assimilate the new, the foreign, when in the words of Nietzsche in The Birth of Tragedy, the human remains in a perpetual state of individuation; or what in this country has always been its burden, the totality of the influence of one poet: T.S. Eliot.” Na ‘n hele betoog oor Eliot en hoe inhiberend sy lang skaduwee oor die Britse digkuns val, stuit Stubbs op die volgende stelling: “It still seems self-evident to me that in trying to understand what poetry does, can and cannot do, one must draw one’s exemplar’s from as wide a range of it as possible. It sounds obvious, yet British poetry has always failed, either willingly or unwillingly, to acknowledge this sane poetic truth. But what a different outlook, approach, and reality our poetry might have had today if, notwithstanding the always trite and facile English arguments concerning translation, our main poetic influences in this country were all of a European or world variety?”

Sjoe. Die res van sy betoog is pure dinamiet. En oorredend. Sy slotsom? “The great innovative poetry of the 21st century will be forced to assimilate new religions, genetics, nanotechnologies, robotics – I hope, for its own survival, that British poetry can learn to un-rope itself from its own (always) island-bound verbiage, to become for the first time, what it has never been, in any era, a truly World poetry; for our poets to become (how Ted Hughes described Eastern European poets to be) “the most wide-awake of poets”. And then, only then, might English poetry learn to become unfamiliar again with itself.”

Die toepasbaarheid van hierdie stuk op ons eie digkuns is só voor die hand liggend dat verdere kommentaar haas onnodig is. Die feit is: Ons digkuns mag klein wees, maar hemel, gedug is sy inderdaad! Histories beskou beskik ons immers óók oor die Eliots, Audens en Larkins wat dekades lank ons totale digkuns op sleeptou kon neem; dog, hoe skitterend is ons digters nie besig om hulle daarvan los te woel nie! Die vraag bly egter staan: is die teoretiese masjinerie van ons literatore opgewasse hiervoor? Want, soos Charl-Pierre Naudé dit stel in die slotsin van sy essay oor eietydse poësie: ” (Die) digter woon in opwindende tye. Al wat hy kortkom is ‘n opwindende  leser.”

Nou ja, toe. Net vir vandag: Maak of jy mal is en doen alles.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Oor vertaling van Duitse gedigte
Rookverslaafde martelaars →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d