Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 20092 October 2009

Oor Apartheid-pantoffels en sjokoladekoek

Vergun dit my om ’n onlangse vers van my eie op my blog te plaas. Ek wil dit graag opdra aan die persone wat so gekla het omdat ‘n digter (myself) op sy blog durf skryf oor die belang van die politiek.

     Die ironie is dat dieselfde mense wat so knaend hardop wonder wat politieke opmerkings dan met die poësie te make het, dikwels dieselfde mense is wat in hul binnekamers onophoudelik mor oor Zuma en die ANC en die of daai wat die staat “verkeerd doen”.

     Daardie selfde binnenshuise mompelgebitte wat so skuifel-skuifel geskoei loop in niks minder hul eie apartheid-pantoffels – al gewonder waar is hulle nou? – omdat hulle toe ook niks gesê het nie (jy kan jou lewe daarop wed), hulle wil nou kwansuis die land verlaat maar hulle vra terselfdertyd van hul digters: sjokolade, sjokolade, sjokolade, en blomme, asseblief!

    Al wat mens aan hierdie armsaliges van gees kan sê, hierdie soet-tande wat so droom van land wat oorloop met roomyskoeke: “Gee vir hulle Marie Antoinette! In ‘n Zoeloevel, indien moontlik.”

    Ek wil my verstout om te sê my vers is dalk ’n “politieke” vers, ek weet nie. Wat ek wel weet is daar is bloed in die koekmenger.

   Waar kom die Afrikaanse poësie vandaan? Gaan Jan FE Celliers se gedig “Dis al” dan altemit oor koue lug? Antjie Krog? Adam Small? Al die Soweto-digters?

   Van hierdie selfde klaende skepsels het waarskynlik verlede week Breyten Breytenbach gelukgewens met sy verjaardag. Mens sou kon sê: Wat ’n cheek.

   Die poësie, alle poësie, is polities op die een of ander wyse. Selfs die kinderrympie “Tara tara boemdery, oupa het op ‘n vark gery.”

   Waar op aarde sou mens dan ’n vark kry indien nie in die politiek nie? En as julle reken oupa se rit was destyds so onskuldig, dink asseblief weer … Dis hoe D.F. Malan aan die bewind gekom het.

    Maar ai, nou het ek so kwaai geklink. Mag almal van julle se dae ’n bietjie koekstruif óók hê.

 

 

Rekonstruksie

 

Van ’n moord, in dié geval.

Twee moorde.

Op immigrante, so lyk dit.

Is almal van ons nie maar immigrante nie? 

Tussen twee lande.

Sonder papiere, wagtend op die nuwe.

Slagoffers, sonder identiteit.

Dood gevind, in ’n straat sonder naam.

In ’n buurt, pas uitgelê, maar nog nie gedoop nie.

In ’n stad wat nog gaan oopvou, as ons die boek kan vind.

’n Idilliese omgewing nogal, geprojekteer teen die mure …

Vlae wind, vlae wind. Die golwende grondwet.

In ’n niemandsland gebeur, tussen provinsies –

weens die oorsonering. Die nuwe verdeling.

Die uur van sterfte: óók onbekend.

Die lyke had horlosies, maar in die verkeerde tydsone.

 

Ooggetuies? Geen.

Nie volgens kwota nie.

 

Die premier se medelye:

innig, maar weens ons sonderlinge situasie,

bestaan geen leidrade

(sien hier bo).

 

Waar, en met wie?

Ons doen ons bes

met ’n nuwe stelsel, wat nog nie klaar ontwerp is nie.

 

Twee moorde? Ja, wel.

Ons is in die proses,

 

in die proses,

soos ek sê.

Verstaan tog.

Dit sal wel nog registreer:

 

Tot alles klaar is,

het niks nog gebeur nie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d