Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 October 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Is die Afrikaanse poësie te moeilik?

Die mening word meermale geopper dat baie van die hedendaagse Afrikaanse poësie moeilik verstaanbaar is en dus daartoe bydra dat mense dit nie kan of wil lees nie. Dit is egter nie my indruk nie. Daar is talle digters (miskien selfs die meeste!) wie se werk heel toeganklik en selfs helder is, terwyl dié wat moeilike poësie skryf met ‘n bietjie moeite van die leser se kant hul “geheime” openbaar. Gaan lees maar.

Om die waarheid te sê, dit sal ‘n kwade dag en die dood van die poësie in watter taal ook al wees as die leser nie nodig het om ‘n bietjie moeite met gedigte te doen nie. Hoeveel jare lees ek nie al N.P. van Wyk Louw se Tristia en Wilma Stockenström se Van vergetelheid en van glans en Monsterverse nie. Sou ek alles glashelder en deursigtig wou hê? Nee, beslis nie! En ek verwonder my aan Afrika se leerders wat agter die kap van die byl van ‘n Shakespeare-drama se versreëls kom.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Van eenhorings gepraat
Johann Lodewyk Marais. Voortreflike poësiekritiek →

1e kommentaar op “Johann Lodewyk Marais. Is die Afrikaanse poësie te moeilik?”

  1. Louis says:
    12 October 2009 at 04:38

    Ek vermoed dat heelwat ook met blootstelling te make het. Hoeveel (potensiële) liefhebbers van poësie bly nie vassteek in die voorgeskrewe poësie van skool of universiteit nie? Wanneer hulle dan wél met eietydse poësie gekonfronteer word, is hulle ontredder, want hulle word gekonfronteer met inhoude en kodes waarop hulle geen houvas het nie … Dit gaan myns insiens wel oor “opvoeding”, maar ietwat anders as wat Ivan Mocke beweer: Nie betekenis nie, maar hoe om poësie te léés. Iemand wat net ‘n skramse betrokkenheid by poësie het, sal waarskynlik geneig wees om dit soos prosa te wil lees en dan te reageer soos Jaybee Roux nog onlangs in die media reageer het. Ook – hierdie is waarskynlik ‘n wêreldwye fenomeen; kyk byvoorbeeld na die lys “klassieke meesters” wat as Brittanje se gunstelingdigters beskou word. ‘n Ander aspek wat ek in die betrokke berig raakgelees het, maar nie in die Nuuswekker opgeneem het nie, is ‘n vraelys wat op onderwysers gerig was. Hulle kon gemiddeld slegs twéé digters noem en dan was dit maar weer de “usual suspects” van klasseke digters wat met hulle in leerplanne behandel is. Anders gestel – 90% plus van alle Afrikaanssprekendes sal waarskynlik weet wie NP Van Wyk Louw of DJ Opperman is, terwyl minder as 10% sal weet wie die meer onlangse name is. (Gelukkig het ons darem ook nog eietydse digters soos Antjie Krog en Breyten Breytenbach wat ook wyd bekend is as “name” … Maar word hul gedigte geléés deur die massa wat wel wéét van hulle?!)Sjoe, dis ‘n enorme uitdaging hierdie, mense: Hoe kry ons die “somtydse” poësieleser ontnugter tot die vlak van voltydse entoesias?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d