Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 November 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma

Oor die jare heen het die Suid-Afrikaanse digter en grafiese kunstenaar Wopko Jensma (1939–1993?) vir hom ‘n plek in die geheue van talle mense in Suid-Afrika en in die buiteland verower. Gedurende die 1960’s en 1970’s het hy dosyne gedigte in literêre tydskrifte die lig laat sien, asook drie gepubliseerde digbundels met ‘n sterk sosiopolitieke bewussyn en getuienis van ‘n verwikkelde en gekwelde persoonlikheid. Daarbenewens het hy van die 1960’s tot die 1980’s verskeie (afdrukke van) kunswerke, boek- en omslagillustrasies gemaak en kunsuitstallings gehou. Omdat die meerderheid van sy gedigte in Engels geskryf is en hy meelewende en ondersteunende Engelstalige vriende gehad het wat hulle sterk met onder meer sy sosiopolitieke opvattings vereenselwig het, het veral Engelstalige skrywers en/of letterkundiges (soos Michael Gardiner) aandag aan sy werk gegee. Tog het die Afrikaanse literêre en kunsgemeenskap nie afsydig teenoor hom en sy werk gestaan nie, hom meermale in beskerming geneem en uiteindelik ‘n plek in toonaangewende Afrikaanstalige bloemlesings besorg.

Geskrifte oor Jensma sedert die 1990’s het baie aandag aan sy lewensverhaal gegee, maar ongelukkig ook mites oor hom die wêreld help instuur. Moontlik hou ‘n groot deel van die belangstelling met bespiegeling oor en ‘bekoring’ met sekere aspekte van sy lewe verband. Heelwat aandag is ook aan Jensma se sosiopolitieke opvattings en voorkeure as ‘n “white liberal voice” (Jacques Alvarez-Pereyre) gegee, wat inderdaad uit van sy gedigte afgelei kan word. Dit is ook gegrond op die standpunte wat Jensma by geleentheid in die media oor die tydgenootlike situasie in Suid-Afrika ingeneem het en die omstandighede van sy huwelik met ‘n Zoeloe-vrou in ‘n tyd toe die regering dit verbied het, hulle onstabiele huwelik en latere egskeiding. ‘n Ander faset wat in die geskrifte voorkom en bygedra het om hom tot ‘n enigma te verhef, is sy skisofrenie en laaste dae as ‘n boemelaar. Sy siektetoestand word oënskynlik in sy gedigte en kunswerke weerspieёl en het ook na alle waarskynlikheid met sy spoorlose verdwyning in 1993 verband gehou.

Uit ‘n boek-in-wording deur Leti Kleyn en Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Louis Esterhuizen. Handeklaptyd vir ‘n besonderse publikasie →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    7 November 2009 at 09:58

    Die boek word in die geheel aan Jensma se lewe en werk gewy. Die biografiese hoofstuk is op twee jaar se uitgebreide navorsing gebaseer en word tans deur ‘n hand vol kundige lesers gekontroleer. Moontlik sal ons hierdie gedeelte van die ondersoek ook afsonderlik publiseer.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    6 November 2009 at 07:58

    Johann, jy spring my voor, ek wou ook iets oor Jensma op my blog sit. Wanneer sal die boek-in-wording ‘n voltooide boek wees? Gaan dit spesifiek oor Jensma? Ek sien ‘n mens kan op Facebook ‘n ‘fan’ van Wopko Jensma word…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d