Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 November 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma

Oor die jare heen het die Suid-Afrikaanse digter en grafiese kunstenaar Wopko Jensma (1939–1993?) vir hom ‘n plek in die geheue van talle mense in Suid-Afrika en in die buiteland verower. Gedurende die 1960’s en 1970’s het hy dosyne gedigte in literêre tydskrifte die lig laat sien, asook drie gepubliseerde digbundels met ‘n sterk sosiopolitieke bewussyn en getuienis van ‘n verwikkelde en gekwelde persoonlikheid. Daarbenewens het hy van die 1960’s tot die 1980’s verskeie (afdrukke van) kunswerke, boek- en omslagillustrasies gemaak en kunsuitstallings gehou. Omdat die meerderheid van sy gedigte in Engels geskryf is en hy meelewende en ondersteunende Engelstalige vriende gehad het wat hulle sterk met onder meer sy sosiopolitieke opvattings vereenselwig het, het veral Engelstalige skrywers en/of letterkundiges (soos Michael Gardiner) aandag aan sy werk gegee. Tog het die Afrikaanse literêre en kunsgemeenskap nie afsydig teenoor hom en sy werk gestaan nie, hom meermale in beskerming geneem en uiteindelik ‘n plek in toonaangewende Afrikaanstalige bloemlesings besorg.

Geskrifte oor Jensma sedert die 1990’s het baie aandag aan sy lewensverhaal gegee, maar ongelukkig ook mites oor hom die wêreld help instuur. Moontlik hou ‘n groot deel van die belangstelling met bespiegeling oor en ‘bekoring’ met sekere aspekte van sy lewe verband. Heelwat aandag is ook aan Jensma se sosiopolitieke opvattings en voorkeure as ‘n “white liberal voice” (Jacques Alvarez-Pereyre) gegee, wat inderdaad uit van sy gedigte afgelei kan word. Dit is ook gegrond op die standpunte wat Jensma by geleentheid in die media oor die tydgenootlike situasie in Suid-Afrika ingeneem het en die omstandighede van sy huwelik met ‘n Zoeloe-vrou in ‘n tyd toe die regering dit verbied het, hulle onstabiele huwelik en latere egskeiding. ‘n Ander faset wat in die geskrifte voorkom en bygedra het om hom tot ‘n enigma te verhef, is sy skisofrenie en laaste dae as ‘n boemelaar. Sy siektetoestand word oënskynlik in sy gedigte en kunswerke weerspieёl en het ook na alle waarskynlikheid met sy spoorlose verdwyning in 1993 verband gehou.

Uit ‘n boek-in-wording deur Leti Kleyn en Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Louis Esterhuizen. Handeklaptyd vir ‘n besonderse publikasie →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    7 November 2009 at 09:58

    Die boek word in die geheel aan Jensma se lewe en werk gewy. Die biografiese hoofstuk is op twee jaar se uitgebreide navorsing gebaseer en word tans deur ‘n hand vol kundige lesers gekontroleer. Moontlik sal ons hierdie gedeelte van die ondersoek ook afsonderlik publiseer.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    6 November 2009 at 07:58

    Johann, jy spring my voor, ek wou ook iets oor Jensma op my blog sit. Wanneer sal die boek-in-wording ‘n voltooide boek wees? Gaan dit spesifiek oor Jensma? Ek sien ‘n mens kan op Facebook ‘n ‘fan’ van Wopko Jensma word…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d