Kyk, as jy ʼn kopknik van Adriaan Brand kry, moet jy iets reg doen. Adriaan is natuurlik ex-trompet- en klawerspeler van die Springbok Nude Girls. Hy neem gereeld saam met Schalk Joubert aan gedigtegoeters deel. Hy’t ook die musiek vir die produksie van Willem Anker se “Sakrament” gemaak. Toe ek hom laas gesien het, was dit in een of ander bar in Stellenbosch (ek kan nie onthou waar nie, maar daar was trappe en Kabous Meiring het ʼn wrede two-step geklap) tydens die Woordfees op ʼn verhoog waar hy impromptu saam met Robbie Jansen gespeel het. Laasgenoemde het my sy suurstofbottels op die verhoog gesit; pypies by die neus in, maar saksofoon in die mond. ʼn Hele paar jaar gelede het ek al hierdie song – Die Verlore Seun – by my vriend Wessel in Londen gehoor. Tóé al steek dit in my kop vas. Nou’t Gazelle ʼn draai in Suid-Afrika kom maak. Lanklaas so ʼn lekker musiekresensie gelees, soos Adriaan s’n op LitNet. Gazelle – lekker Afrika-diktator camp.
Dit is inderdaad ‘n voorslag-resensie daardie. Adriaan steek die wêreld aan die brand!