Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 December 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die Martinskirche in Kassel

Op die trein tussen Witzenhausen en Kassel sit en kyk ek na die versadigde Duitse landskap. Elke keer as ons deur ʼn tonnel ry, sien ek die ander passasiers in die vensters. Ek verkyk my aan hulle monde. Kry Duitsers sulke afgeremde plooie om hulle mondhoeke omdat hulle die klinkers so moet afbyt en dan insluk? Rasper die medeklinkers hulle verhemeltes soos growwe brood vir ontbyt? Die ou vrou met die flenniejas sit met moeë kake, die spiere om haar mond hang slap.

Kassel is deur bomme in die Tweede Wêreldoorlog plategevee, deels omdat daar ʼn wapenfabriek was. Hier is ʼn foto van die Martinskirche in 1910:

 

Die volgende een kom uit 1930:

En toe, ná die oorlog:

Dis hoe die Martinskirche vandag lyk, veel nederiger:

 

Ek het vir ʼn uur lank in Wilhelmshöhe Allee afgestap. Van die middedorp af, verby die stasie, tot in die voorstede. Daar is nie honde wat vir jou blaf as jy hier stap nie. Vroue stap alleen op straat. Maar tog kan jy die verlede se trauma sien. Sommige geboue het klipfondamente, maar mure is bo-op herbou. Baie geboue kom uit die 1950s. Soms kom jy onverwags op ʼn massiewe boom af. Langsaan staan ʼn ou gebou, rooi bakstene, seker middel-1800s. Die bomme het nie hier geval nie.

In die vorige eeu is 40 miljoen mense in Europa in oorloë dood. Ek dink aan iets wat Johannes Kerkorrel gesing het: “En miljoene jong soldate het gebloei in hierdie klei…”

Ek dink weer aan die vrou op die trein. ‘n Mens wonder wat sy alles saam met haar dra.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d