Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 December 200928 December 2009

Krog & Kamfer by “Winternachten”

Antjie Krog & Ronelda Kamfer
Antjie Krog & Ronelda Kamfer

Fantastiese nuus hier aan die einde van die jaar is dat twee van ons voorste digters op 14 Januarie aan volgende jaar se Winternachten-fees in Den Haag gaan deelneem, te wete Antjie Krog en Ronelda S. Kamfer.

Dit is vanjaar die vyftiende Winternachten en die program betrek tagtig skrywers, kunstenaars en musici uit vyftien lande. Op die amptelike webblad word die tema vir vanjaar se fees soos volg verwoord: “Het thema van dit jaar is ‘Het spel van de regels‘. U hebt het wereldleiders vast wel horen zeggen: de wereld verkeert in crisis, en daarom is het tijd voor nieuwe regels. Fatsoensregels, omgangsregels, regels voor burgers, bankiers en politici. Een ideaal onderwerp om met schrijvers te bespreken. Schrijvers zijn de wereldbeeldslopers, taboebrekers en universumbouwers van onze cultuur.”

Boonop gaan Antjie Krog die gebruiklike Winternachtenlezing lewer. Haar opdrag vir die lesing is om oor Die Universele Verklaring van Menseregte te praat. Die lokteks op die webblad lees soos volg: “In haar lezing wordt meteen duidelijk dat in de nieuwe tekst de oorspronkelijke regels van de verklaring niet meer echt te herkennen zijn. Sterker nog: er zijn zelfs helemaal geen regels meer in opgenomen. Waarom? Omdat, volgens Krog, de derde wereld nooit met regels op de proppen komt. Regels zijn iets voor de eerste wereld. De derde wereld doet suggesties. Of ze brandt. Want de eerste wereld luistert altijd naar vuur.”

Die paneel wat op haar lesing repliek sal lewer, bestaan uit die Indiese skrywer Tarun Tejpal en die Chinese skrywer Xue Xinran.

Sjoe, wat ‘n prestasie! Alle voorspoed aan dié twee vir die besonderse rol wat hulle het om te speel op daardie uitsonderlike breë verhoog. Vir jou leesplesier vanoggend, Antjie Krog se pragtige “Abecedarium vir Afrika” wat onlangs in haar gedigtekamer geplaas is.

***

Op die webblad is dinge maar aan die stillerige kant. Carina Stander het wel ‘n Kersfeesvers op haar blog geplaas, terwyl Daniel Hugo weer vertalings van twee haikoe deur Matsuo Bashö vir plasing ingestuur het. Maar, om jou besoek darem die moeite werd te maak, het ek die Klikbord met heelwat nuwe berigte en skakels gelaai. So, wees vrypostig en snuffel na hartelus rond.

En geniet darem die lae intensiteit van die week wat op hande is, hoor.

Mooi bly.

LE

 

Abecedarium vir Afrika

 

Aardvark Armadil Alikreukel Akkedis

Buffel Bradysourus Bokmakierie Blaasopvis

Cape Cobra Cactoblastis Camembert Codlingmot

Damaralandse Dik-dik Diederik Duif Dikkop

Eekhoring Engelvis Elsie Eland

Feniks Fiskaal Flamink Fisant

Gapermossel Giraffa Gaboenadder Gemsbok

Hartebees Hiëna Hadida Hotnotsgod

Ietermago Impala iMpevu Ibis

Jakkals Janfrederik Jagluiperd Jellievis

Klaasneus Kakelaar Kwena Korhaan

Lelietrapper Leeu Lystrosaurus Likkewaan

Muskeljaatkat Mahem Manatee Maraboe

Nagmuis Nonaap Njala Ghnoe

Ouvolk Oorbietjie Otterjasie Otterjou

Pylstert Pietjoutjou Pofadder Pou

Quagga Quil snuif op Engels aan die lot

Ratel Roerdomp Rinkhals Rot

Speg Selekant Songololo Saagvlerkswael

Tiptol Tsetsevlieg Troupand Tarentaal

Uil Ungulungu Unicorn (Kalahariduin sy huis)

Vlakvark Vlindervis Vader-langbeen Volstruis

Wildebees Waaierstert Wulk Wildehond

Xhama laat in Xhosa spore op die grond

Yellowtail Yellowfinch en Yslike Ystervark

Zambesi-haai Zambenenje Zoeloelandse kruipmol met baard

 

Ja alles van hier van huis en van haard

Alles wat kruip volgens suidelike kaart

Alles wat fladder, doodle of dool

Wag reikhalsend op die koms

     van die Amazi-voël

 

 (c) Antjie Krog (uit: Versindaba 2009, Protea Boekhuis)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud: Ronelda S. Kamfer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d