Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die klippe by Springbokoog

Ná ʼn besoek aan die plaas Springbokoog, iewers tussen Van Wyksvlei en Verneukpan. Baie dankie aan Rina van Wyk, wat ons toegelaat het om die graverings op haar plaas te besoek.

 

ROTSGRAVERINGS BY SPRINGBOKOOG

Tussen moddersteen en skalie het lawa deurgebeur,
hompe rots sferies tot horingklip gebak
en toe gestol in doleriet.
Nou redekawel dié ysterklip met die wind
en soms, net sóms, beneukte donderstorms,
om weerbarstig hul uitsig oor soutpanne te behou –
ʼn brinkkop, in die woorde van //Kabbo
van Bitterpits, hier anderkant,
soos aangeteken deur Rucy Rroyd
lank gelede in Mowbray, ver hiervandaan.

Druppels kasty die roesbruin rotse,
sodat kalsium en titanium
hul kaal koppe swarter as dassiepis patineer –
die woestyn se gitvernis,
vir graveerders om te kap en skraap,
eland en olifant uit klip te raap.

Die oudste diere word reeds deur reën
verweer en swart gesmeer,
onbenoemde kunstenaars se transige spirale
bly soos lugspieëlings in lawa vibreer,
so anders as die merk van ʼn ene Cilliers,
metalig gedateer: 7 November 1880,
so anders as die klanke, iewers op ʼn band,
van Dora Fock wat ʼn rotsghong bespeel.

Kyk mooi, soek versigtig,
onder sand lê dalk nog ʼn graafstok se steen,
die skerwe van ʼn pyl se punt,
basalt dra dalk letsels van sjamane se klippe
wat geheime uit hul hol harte moes dryf.

Eintlik niks besonders nie –
huishoudelike toestelle uit ʼn ander land,
letsels van ʼn vroeër verblyf.

Eendag sal lawa nogmaals boontoe beur
en alles wéér metamorfeer.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d