Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 March 201010 July 2024

Lize Viljoen. Om gestroop te word deur tyd.

Die verteenwoordiger van Cambridge Teksboeke vertel ons groep werkers Maandag dat mense by uitstek vergeetmasjiene is. Dat ons gebou is om die boodskap in ‘n sin, die waardevolle inligting in ‘n situasie te dekodeer en te gebruik en dan aan te beweeg na die volgende ding wat ons aandag vereis.

Dalk is dit ook hoe ons gedigte lees, tussen die fynrym, die slotsom, die konsonansie en repetisie laat val die digter die belangrike boodskap en ons tel dit op met intuisie, ens. en maak daarvan ‘n grein in ons gedagtes wat geredelik saamvloei met die res van ons werklikheid.

Sintuiglik is ek eerder visueel as verbaal ingestel, al skryf ek graag gedigte, en dit is vir my opvallend hoe ek in hierdie stad (Seoul, Suid Korea) telkens te doen kry met net die uiterlike, net die bolangse vertellinge van lewe. Mense by die bus stop kyk strak. Busse wat netsowel ‘n rewolusie kon gestop het trek swaar deur die stad op ‘n geykte rooster. Passasiers sit binne met swaar ooglede wat meesal toe bly en geen uitkyk na buite, net die vervelige herhaling van die bybring van daaglikse verpligtinge, dag na dag, uitgeput verby woorde.

Dit tref my hoedat selfs ‘n gedig geklee is met woorde, die materiaal van woorde is die verwysing na betekenis in konteks, en die betekenis verander oor tyd soos wat die samelewing se waardes wissel.

Kontant is koning! Die gesegde onthou ek met ‘n halwe deernis wat half oorgaan in ‘n harde aanvaarding. Alles wentel om geld deesdae. Tyd is geld. Dan verkoop mens ook jou tyd aan ‘n werkgewer wat jou inspan om ‘n agenda uit te voer wat waardevol is vir die maatskappy, en gaan huis toe vir aandete ens. Iewers het ek gehoor dat een uit ‘n honderd mense werk in lande waar hulle nie gebore is nie. Maw. diesulkes gaan verdien hul dag se brood op ‘n vreemde oewer en saans wanneer dit toemaaktyd is vir die besigheid, dan bevind hul hulself in ‘n tipe kulturele isolasie, tensy natuurlik hulle kan aansluit by ‘n groep expats van hulle eie land af. Wat ek wil by uitkom is dat dit vir my voel, dat betekenis ingebore, aangeleer en ingeprent, kan verlore gaan wanneer dit nie gedeel kan word met ‘n groter groep nie. Aan die ander kant, kan afstand ‘n mens wyer en meer objektiewe oogpunt gee vir gebeure in jou eie land. Maar teen watter prys? Alhoewel mens aanlyn kan gesels met vriende en familie by die huis, of radioprogramme opvang en luister na Afrikaanse musiek, is daar steeds daagliks die donderende afwesigheid van die tipiese Suid Afrikaanse humor, wat goediglik aangaan met die lewe bo en onderdeur die “obstacle course” van lewe in Afrika.

Hoe word mens dus gestroop deur tyd? Terwyl mediese wonders mense langer en langer laat leef, vergeet mense hoe ouer hulle word al meer, en is dit ooit nog dieselfde persoon wat in die I.D. nommer identiteit bestaan? Ek wonder.

Groete uit ‘n laat Maart sneeubedekte Seoul.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Lize Viljoen. Om gestroop te word deur tyd.”

  1. Stuart says:
    19 May 2010 at 00:47

    I totally understand the loss of a finite resource. The feeling of loss, never to return. A high price in anyones book. But we are mortal and should live in those moments that arise through life and find sustinance from the love of people times and places. It all matters but it all turns to dust. Only the echoes of are emotions lay hard on the land.

    Reply
  2. Lize Viljoen says:
    22 March 2010 at 10:10

    Dankie Ivan vir jou kommentaar. Ek het na die skrywe gedink dit het dalk ‘n bietjie morbied oorgekom, maar mens voel seker so as dit nog sneeu terwyl dit eintlik al lente behoort te wees! Dit sneeu weer welig vandag, glo dit of nie!

    Lize

    Reply
  3. Ivan Mocke says:
    19 March 2010 at 12:50

    Lize: ‘n Weldeurdagte, insiggewende beskouing. Baie dankie daarvoor. Die een of ander filosoof (en kan regtig nie onthou wie nie) het eenkeer die opmerking gemaak dat ons tyd registreer omrede ons geheue het, maw sonder geheue is daar geen “tyd” nie. Jy eet die kos in jou bord en onthou dat die bord netnou nog vol geskep was en dan raak jy bewus van tydsverloop omdat jou bord nou skoon geëet is. So iets.
    Geniet dit daar in die koue …
    Ivan

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d