Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 March 201031 March 2010

Vrouedigter skud fundamentaliste

Hissa Halil
Hissa Halil

In ‘n vorige Nuuswekker oor Metrofobia het ek geskryf oor die fanatiese aanhang wat die digkuns  in Arabiese lande geniet. So is berig oor ‘n TV program, “The Million’s Poet” wat op die Amerikaanse Idols-konsep geskoei is en sowat 70 miljoen kykers lok … Selfs meer as die kykers vir sport en nuus.

Nietemin, volgens ‘n berig op die BBC se webblad het kontroversie nou uitgebars rondom Hissa Hilal, wat na die finaal in Dubai deurgedring het nadat sy ‘n hekelgedig oor die ekstremistiese politiek van Islam in die laaste uitdunrondte voorgedra het. Totaal in ‘n swart abaya geklee, met net haar oë sigbaar, het sy agter die mikrofoon stelling ingeneem en onder luide applous die Moslem fundamentaliste in ‘n snerpende stem afgekam.

In hoofsaak het haar hekeling oor die gebruik van fatwas deur die geestelikes om mens in angs en beheerbaar te hou, gehandel. En ja, uiteraard is haar optrede deur doodsdreigemente gevolg. “What made me so angry is seeing the Arab society becoming more and more kept to itself, not like before – loving and caring and sharing and open and welcoming everyone,” het sy aan die BBC se World Service gesê. “Now, even if you want to be simple and nice with others, people are asking themselves whether it is haram [forbidden] to say hello to strangers,” en bygevoeg: “I blame those who have led the people, and directed them this way.”

Blykbaar was haar wrewel in die besonder gemik teen ‘n Saudiese sjeik, Abd Al-Rahmaan Al-Barraak, wat glo ‘n fatwa oor die sosiale verkeer tussen mans en vroue wil uitroep. Interessant genoeg was Hilal se voordrag in die volkstaal, Nabati, en nié in die amptelike hoog-Arabies nie.

Nou ja, toe. Nou lê Dubai en die moontlike eerste prys van 1.3 miljoen US Dollars vir haar voor … Hopelik sonder dat daar inderhaas ‘n fatwa oor haar uitgespreek word.

Op die BBC webblad is daar vele reaksies deur haar ondersteuners wat gelees kan word. Ook is daar via De Contrabas ‘n skakel na YouTube waar jy na haar voordrag, met die Nederlandse teks as onderskrif, kan luister.

***

Sedert gister oggend het daar twee nuwe plasings op die webblad bygekom: Andries Bezuidenhout wat ‘n skildery by ‘n gedig voeg en Ilse van Staden wat vertel van die binnensmondse sang van voëls. Fassinerend. Dan het ek gisteraand sommer weer ‘n paar skakels geplaas op “Klikbord”. Gaan kyk gerus na De Papieren Man se wonderlike nuwe webtuiste; lees Cerneels Lourens se nabetragting van die hofuitspraak ten gunste van taalregte wat op LitNet geplaas is, asook die resensies wat Maandag in Beeld en Die Burger verskyn het oor oor een van die belangrikste digbundels die afgelope maande: Gilbert Gibson se oogensiklopedie.

Lekker lees en mag hierdie dag sy sagste wang vir jou draai.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Vrouedigter skud fundamentaliste”

  1. Louis says:
    31 March 2010 at 04:43

    Since end of April last year, Ernest. Thank you for the compliment. By the way, you can read more about the history of this site at the following link: https://versindaba.co.za/oor-versindaba/
    Regards,
    Louis

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d